Spring na inhoud

Herdenking van Jesus se dood

Saterdag 12 April 2025

Elke jaar herdenk Jehovah se Getuies die dood van Jesus net soos hy beveel het toe hy gesê het: “Hou aan om dit te doen as ’n herinnering aan my.” – Lukas 22:19.

Ons nooi jou om hierdie geleentheid by te woon.

Algemene vrae

Hoe lank is die program?

Dit is omtrent ’n uur lank.

Waar sal dit gehou word?

Kontak Jehovah se Getuies om meer uit te vind oor plaaslike reëlings.

Moet ek betaal om dit by te woon?

Nee.

Sal kollektes geneem word?

Nee.

Wat moet ek aantrek vir die geleentheid?

Daar is nie spesifieke klere wat aangetrek moet word nie, maar Jehovah se Getuies probeer die Bybel se raad volg om beskeie en respekvol te wees wanneer dit kom by die klere wat hulle dra (1 Timoteus 2:9). Jou klere hoef nie duur of deftig te wees nie.

Wat sal by die Gedenkmaal gebeur?

Die vergadering begin en eindig met die sing van ’n lied, asook met ’n gebed deur ’n bedienaar van Jehovah se Getuies. ’n Toespraak wat op die Bybel gebaseer is sal verduidelik hoe belangrik Jesus se dood is en hoe ons kan baat vind by wat God en Christus vir ons gedoen het.

Wanneer sal die Gedenkmaal in die toekoms gehou word?

2025: Saterdag 12 April

2026: Donderdag 2 April