Spring na inhoud

Verduidelikings van Bybelverse

Vind uit wat die regte betekenis van gewilde Bybelverse en -frases is. Kyk wat die agtergrond van die verse is terwyl jy dit in konteks lees. Jy kan Bybelverse beter verstaan deur te kyk na verduidelikende voetnote en kruisverwysings.

Verduideliking van Genesis 1:1 – “In die begin het God die hemel en die aarde geskep”

Watter twee belangrike waarhede word in die eerste woorde van die Bybel genoem?

Verduideliking van Eksodus 20:12 – “Eer jou pa en jou ma”

Deur ’n belofte saam met die gebod te gee, het God nog ’n rede gegee om gehoorsaam te wees.

Verduideliking van Numeri 6:24-26 – “Die HERE sal jou seën en jou behoed”

Wat is die oorsprong van die priesterlike seën wat na Aäron vernoem is?

Verduideliking van Josua 1:9 – “Wees moedig en sterk”

Hoe kan jy moedig en sterk wees wanneer jy voor moeilike omstandighede en oorweldigende uitdagings te staan kom?

Verduideliking van Psalm 23:4 – “Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee”

Hoe sorg God vir sy aanbidders en beskerm hy hulle selfs in die donkerste dae van hulle lewe?

Verduideliking van Psalm 37:4 – “Vind jou vreugde in die Here”

Hoe help hierdie psalm ons om wysheid te kry en om die soort mense te wees wat God goedkeur?

Verduideliking van Psalm 46:10 – “Bedaar en erken dat Ek God is”

Beteken hierdie vers net dat jy stil moet wees in die kerk?

Verduideliking van Spreuke 3:5, 6 – “Steun nie op jou eie insig nie”

Hoe kan jy wys dat jy meer op God vertrou as op jouself?

Verduideliking van Spreuke 16:3 – “Laat jou werke aan die HERE oor”

Wat is twee redes hoekom mense na God moet kyk vir leiding wanneer hulle besluite maak?

Verduideliking van Spreuke 17:17 – “Die vriend het altyd lief”

Hierdie spreekwoord verduidelik baie mooi wat ’n ware vriend regtig is.

Verduideliking van Spreuke 22:6 – “Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef”

Wat is “die weg” wat ’n kind moet volg? Verskil dit van persoon tot persoon?

Verduideliking van Prediker 3:11 – “Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd”

God se mooi werke sluit meer as net sy skepping in. Hoe raak dit jou?

Verduideliking van Jesaja 26:3 – “U sal ’n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar”

Is dit regtig moontlik om volmaakte vrede te hê? Wat beteken dit om ’n standvastige gesindheid te hê?

Verduideliking van Jesaja 40:31 – “Dié wat op Jehovah hoop, sal nuwe krag kry”

Hoekom vergelyk die Bybel ’n arend wat sweef met ’n persoon wat krag van God kry?

Verduideliking van Jesaja 41:10 – “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou”

Jehovah herhaal dieselfde idee op drie verskillende maniere om te beklemtoon dat hy sy lojale aanbidders sal help.

Verduideliking van Jesaja 42:8 – “EK is die HERE”

Watter persoonlike naam het God gekies om vir homself te gee?

Verduideliking van Jeremia 11:11 – “Ek sal slegte dinge oor hulle bring”

Het God “slegte dinge” oor sy volk gebring, of het hy dit net toegelaat?

Verduideliking van Jeremia 33:3 – “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord”

God het belowe om “groot en onbegryplike dinge” te openbaar aan dié wat hierdie uitnodiging aanvaar het. Watter dinge? Is dit vandag nog waar?

Verduideliking van Miga 6:8 – “Wandel met jou God”

Wat God van ons verwag, word deur middel van drie betekenisvolle uitdrukkings in hierdie vers opgesom.

Verduideliking van Matteus 6:33 – “Soek eers die koninkryk van God”

Het Jesus bedoel dat Christene nie hoef te werk om ’n bestaan te maak nie?

Verduideliking van Matteus 6:34 – Moet julle . . . nie oor môre bekommer nie”

Jesus het nie bedoel dat ons nie vir die toekoms moet beplan nie.

Verduideliking van Matteus 11:28-30 – “Kom na My toe, . . . en Ek sal julle rus gee”

Het Jesus belowe dat hy dadelik ’n einde sou maak aan alle probleme en ongeregtigheid?

Verduideliking van Markus 1:15 – “Die Koninkryk van God is op hande”

Het Jesus bedoel dat die Koninkryk alreeds begin regeer het?

Verduideliking van Markus 11:24 – “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het”

Hoe kan Jesus se raad oor geloof en gebed ons help om uitdagings vandag te oorkom?

Verduideliking van Lukas 1:37 – “Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie”

Niks kan die almagtige God keer om te doen wat hy belowe nie. Wat beteken dit vir jou?

Verduideliking van Johannes 1:1 – “In die begin was die Woord”

Hierdie teks gee besonderhede oor Jesus Christus se lewe voordat hy aarde toe gekom het as ’n mens.

Verduideliking van Johannes 3:16 – “Want so lief het God die wêreld gehad”

Hoe het Jehovah God gewys dat hy elkeen van ons liefhet en wil hê dat ons vir ewig moet lewe?

Verduideliking van Johannes 14:6 – “Ek is die weg en die waarheid en die lewe”

Hoekom moet iemand wat Jehovah wil aanbid, Jesus se lewensbelangrike rol erken?

Verduideliking van Johannes 14:27 – “Vrede laat Ek vir julle na”

Watter soort vrede het Jesus vir sy ware volgelinge nagelaat, of gegee? Hoe kan ons dit ontvang?

Verduideliking van Johannes 15:13 – “Groter liefde het niemand as dit nie”

Hoe kan Jesus se volgeling die liefde navolg wat hy gewys het?

Verduideliking van Johannes 16:33 – “Ek het die wêreld oorwin”

Hoe verseker Jesus se woorde sy volgelinge dat hulle God gelukkig kan maak?

Verduideliking van Handelinge 1:8 – “Julle sal krag ontvang”

Watter krag het Jesus aan sy volgelinge belowe, en wat sou daardie krag hulle help om te doen?

Verduideliking van Romeine 5:8 – ‘Christus het vir ons gesterf toe ons nog sondaars was’

Mense is geneig om op maniere te dink en op te tree wat teen God se regverdige standaarde is. Hoe kan ons ’n goeie verhouding met God nou en in die ewige toekoms geniet?

Verduideliking van Romeine 6:23 – “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe”

Geen sondige mens kan redding verdien nie, maar ons kan God se gawe van die ewige lewe aanvaar. Hoe?

Verduideliking van Romeine 10:13 – ‘Roep die Naam van die Here aan’

God gee alle mense die geleentheid om gered te word en die ewige lewe te kry, maak nie saak wat hulle nasionaliteit, ras of sosiale status is nie.

Verduideliking van Romeine 15:13 – “Mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede”

Hoe word die eienskappe van vreugde en vrede aan hoop en die heilige gees gekoppel?

Verduideliking van 1 Korintiërs 10:13 – “God is getrou”

Op watter maniere help God se getrouheid ons veral wanneer ons versoek word?

Verduideliking van 2 Korintiërs 12:9 – “My genade is vir jou genoeg”

Hoe het die apostel Paulus baie baat gevind by God se onverdiende goedheid? Hoe kan ons ook?

Verduideliking van Galasiërs 6:9 – “Laat ons nie moeg word om goed te doen nie”

Wat sal die gevolg wees vir Christene wat aanhou om te doen wat goed is?

Verduideliking van Efesiërs 3:20 – “[God het mag] om te doen ver bo alles wat ons bid of dink”

Op watter maniere beantwoord God sy aanbidders se gebede en vervul hy hulle verwagtinge?

Verduideliking van Filippense 4:6, 7 – “Moet oor niks bekommerd wees nie”

Watter verskillende soorte gebed kan aanbidders van God help om minder bekommerd te wees en innerlike vrede te kry?

Verduideliking van Filippense 4:13 – “Ek is tot alles in staat deur Christus”

Wat het die apostel Paulus bedoel toe hy geskryf het dat hy “vir alles” krag sou kry?

Verduideliking van Kolossense 3:23 – “Wat julle ook al doen, doen dit van harte”

Hoe beïnvloed ’n Christen se gesindheid teenoor werk sy verhouding met God?

Verduideliking van 2 Timoteus 1:7 – “God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie”

Hoe kan God ’n persoon help om vrees te oorkom en moedig te doen wat reg is?

Verduideliking van Hebreërs 4:12 – “Die woord van God lewe en is aktief”

Laat jy toe dat God se woord aktief in jou lewe is? Wat sê dit oor jou?

Verduideliking van Openbaring 21:1 – “’n Nuwe hemel en ’n nuwe aarde”

Hoe help die Bybel ons om die betekenis van hierdie vers te verstaan?

Verduideliking van Openbaring 21:4 – “God sal al die trane van hulle oë afvee”

Hierdie vers bevat ’n pragtige belofte vir die toekoms.