Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

In die nuwe wêreld

In die nuwe wêreld

Laai af:

  1. 1. Maak jou oë toe en dink aan ’n tyd

    wanneer als om ons net soos ons prentjies lyk,

    want ons vrese en pyn

    het saam met als wat sleg is, verdwyn.

    So nou’s daar vreugde net waar ’n mens gaan.

    En ons speel, sing, aanbid en werk almal saam.

    “Totdat die maan nie meer daar is nie” –

    is daar net vrede en blydskap hier.

    Jesus heers en ons

    voel God se liefde en Sy sorg

    in dié nuwe wêreld.

    (REFREIN)

    Hoop is ’n vuur in ons hart.

    Hoop is ’n anker – dit hou ons vas.

    Hoop is ’n lig wat skyn soos die son,

    want ons sien onsself daar:

    in die nuwe wêreld.

  2. 2. Maak jou oë toe en sien jouself daar,

    in daai plek wat jy nou wens jy joune sal maak.

    En jy’s hier, dis jou huis –

    jy’s so dankbaar as jy om jou kyk.

    Jy sien haar nie, maar sy’s daar

    en sy weet dat jy verlang na haar.

    Soos sy nader stap, bid sy:

    “Selfs nie die dood kon my van U liefde skei.”

    En nou sien jy haar!

    Elke wens word waar

    in dié nuwe wêreld.

    (REFREIN)

    Hoop is ’n vuur in ons hart.

    Hoop is ’n anker – dit hou ons vas.

    Hoop is ’n lig wat skyn soos die son,

    want ons sien onsself daar:

    in die nuwe wêreld.

    (OORGANG)

    ‘Hy maak Sy hand oop en gee

    aan als wat leef wat hul begeer.’

    En ‘elke woord uit Sy mond

    sal doen wat Hy wil hê’ - als sal waar word!

    (REFREIN)

    Hoop is ’n vuur in ons hart.

    Hoop is ’n anker – dit hou ons vas.

    Hoop is ’n lig wat skyn soos die son,

    want ons sien onsself daar:

    in die nuwe wêreld,

    in die nuwe wêreld,

    in die nuwe wêreld,

    in die nuwe wêreld.