Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 101

Werk eensgesind saam

Werk eensgesind saam

(Efesiërs 4:3)

  1. 1. God het ons met eenheid geseën;

    ons is in sy kudde byeen.

    Ons word dus gelukkig bevind,

    vreedsaam en eensgesind.

    Kosbaar is ons eenheid,

    soet ons harmonie.

    Besig in Gods diens wil ons bly;

    deur sy Seun word ons nou gelei.

    Mag ons steeds gehoorsaam bly dien,

    dan sal ons eenheid sien.

  2. 2. Mag ons bid vir eenheid van gees,

    streef om ook goedhartig te wees.

    Liefde groei, so word dit volmaak,

    en ons sal vrede smaak.

    Vrede is verkwikkend,

    vreugde bring dit mee.

    As ons broederliefde betoon,

    sal God ons met vrede beloon.

    So sal ons verenig kan bly

    en ewig’ lewe kry.