Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 136

“’n Volmaakte beloning” van Jehovah

“’n Volmaakte beloning” van Jehovah

(Rut 2:​12)

  1. 1. Ons God is getrou teenoor dié wat hom dien;

    hy sien hul heelhartigheid raak.

    Hy weet dat hul weens hulle liefde vir hom

    soms baie opoff’rings moet maak.

    Het jy huis of ouers of vriende verlaat?

    God weet hoe jy voel; hy gee om.

    Hy seën jou nou ryklik met susters en broers

    en ewige lewe wat kom.

    (REFREIN)

    Mag Jehovah jou goeie werke seën,

    jou ’n volmaakte, ryk beloning gee.

    Mag hy jou skuilplek en toevlug wees.

    Ons God is betroubaar; lojaal is sy weë.

  2. 2. Soms voel dit of sorge te veel vir ons raak,

    die las voel vir ons net te swaar.

    Ons krag word so min en probleme net meer,

    en daagliks is nog sorge daar.

    Die God wat vertroos, weet presies hoe jy voel,

    hy luister na elke gebed.

    Sy Woord en sy gees asook vriende getrou

    gee troos wat jy so nodig het.

    (REFREIN)

    Mag Jehovah jou goeie werke seën,

    jou ’n volmaakte, ryk beloning gee.

    Mag hy jou skuilplek en toevlug wees.

    Ons God is betroubaar; lojaal is sy weë.