Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 28

Verkry Jehovah se vriendskap

Verkry Jehovah se vriendskap

(Psalm 15)

  1. 1. Wie is u vriend, o God?

    Wie mag in u tent woon?

    Wie ken u goed? Wie kan u vertrou?

    Wie nader tot u troon?

    Almal wat in u glo,

    dié wat u Woord aanvaar.

    Al die lojales, lief vir die reg,

    wat hul aan u kant skaar.

  2. 2. Wie is u vriend, o God?

    Wie wandel met u saam?

    Wie bring u vreugde, maak u hart bly?

    Wie ken u by die naam?

    Almal wat u naam eer,

    dié wat u loof en prys.

    Al die getroues, eerlik van hart,

    wat doen wat u vereis.

  3. 3. Ons gee ons las vir u,

    ons buig ons voor u neer.

    U trek ons nader, bind ons ook saam;

    ons voel u liefde teer.

    Vriendskap met ons groot God,

    kweek ons dus yw’rig aan.

    Geen groter Vriend kan ons tog ooit hê,

    geen groter Vriend bestaan.