Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Planne vir Bybellees

Planne vir Bybellees

Die Bybel wys ons hoe ons op die beste manier kan lewe. As jy die Bybel gereeld lees, diep daaroor nadink en toepas wat jy leer “sal jy jou weg suksesvol maak” (Josua 1:8; Psalm 1:1-3). Jy sal ook God en sy Seun, Jesus, leer ken, en daardie kennis kan tot die ewige lewe lei. — Johannes 17:3.

In watter volgorde moet jy die Bybel lees? Jy kan kies. Hierdie Bybellees-skedule help jou om die Bybelboeke óf in hulle normale volgorde óf volgens onderwerp te lees. Byvoorbeeld, jy kan spesifieke gedeeltes lees om meer te leer oor hoe God met eertydse Israel gehandel het. Jy kan ander gedeeltes lees om uit te vind hoe die Christengemeente in die eerste eeu begin het en hoe dit gegroei het. As jy elke dag ’n sekere aantal hoofstukke lees, kan jy die hele Bybel binne ’n jaar deurlees.

Of jy nou soek vir ’n Bybelleesplan vir elke dag, vir ’n hele jaar of ’n Bybelleesplan vir beginners, hierdie skedule sal jou help. Laai hierdie Bybelleesplan af en begin sommer vandag om die Bybel te lees.