Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons beskou die wêreld

Ons beskou die wêreld

“Aan die begin van 2011, was daar regoor die wêreld 5,4 miljard selfone in gebruik.”—UN CHRONICLE, VSA.

In die afgelope dekade het “rampe meer as 780 000 lewens geëis, en aardbewings was verantwoordelik vir byna 60% van alle rampverwante sterftes”.—THE LANCET, BRITTANJE.

“Oor die afgelope 20 jaar het omtrent 800 000 Russe selfmoord gepleeg.”—ROSSIISKAJA GAZETA, RUSLAND.

In die Filippyne, ’n land waar egskeiding verbode is, het die aantal vroue tussen 15 en 49 wat in ’n gemeenregtelike huwelik is, oftewel “saambly, tussen 1993 en 2008 meer as verdubbel”.—THE PHILIPPINE STAR, FILIPPYNE.

In die Republiek van Georgië “word 79,2 persent van die bevolking . . . deur passiewe rokery benadeel”. In die hoofstad, Tbilisi, “word 87,7 persent van kinders hierdeur geraak”.—TABOELA, GEORGIË.

Mediese toerisme in Asië

Al hoe meer pasiënte uit verskeie wêrelddele reis na ander lande om gehalte- mediese sorg te ontvang, dikwels teen ’n fraksie van die prys wat hulle tuis sou betaal. Business World berig dat eenmiljoen “mediese toeriste” per jaar teen 2015 in die Filippyne verwag word, en dieselfde aantal word teen 2020 in Suid-Korea verwag. Indië, Maleisië, Singapoer en Thailand is ook gewilde bestemmings. Dit is nie net Westerlinge wat ortopediese, kardiologiese en ander soorte behandeling probeer verkry nie. Baie Chinese wat onlangs rykdom verwerf het, besoek ook plastiese chirurge met foto’s van “beroemde mense soos wie hulle wil lyk”, sê die berig.

Te veel take op ’n slag

Tegnologie verplig werknemers dikwels om twee of meer ingewikkelde take op ’n slag te verrig en om navrae onmiddellik te beantwoord. Maar “werkers wat baie dinge tegelykertyd doen, lewer swak werk”, sê Clifford Nass, die direkteur van die Laboratorium vir Kommunikasie tussen Mense en Interaktiewe Media, by die Stanford-universiteit, VSA. Na bewering is mense wat te veel dinge op ’n slag doen, dikwels gespanne, word hulle aandag makliker afgelei deur onbelangrike dinge, deurdink hulle sake nie deeglik nie, en gevolglik sien hulle belangrike besonderhede oor die hoof. Nass stel voor: “Wanneer jy iets begin doen, moet jy 20 minute lank net dit doen. Dit leer jou om te konsentreer, om diep te dink.”