Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons beskou die wêreld

Ons beskou die wêreld

Wêreld

Die beëindiging van honger is nie net ’n kwessie van voedselproduksie nie. Daar word geskat dat boere nou genoeg voedsel produseer om 12 miljard mense te voed—5 miljard meer as die huidige bevolking van ons planeet. Die probleme hou hoofsaaklik verband met winste, verspreiding en vermorsing.

Brittanje en die Verenigde State

In ’n opname onder beroepsmense wat in die finansiële sektor werk, het byna ’n kwart (24 persent) gesê dat hulle “moontlik oneties of onwettig sal moet optree om suksesvol te wees”. Sestien persent het erken dat hulle ’n misdaad sou pleeg “as hulle skotvry daarvan kon afkom”.

Argentinië

In Argentinië vra 3 uit 5 onderwysers vir verlof weens stres of geweld by hulle werksplek.

Suid-Korea

Mense wat alleen woon, sal binnekort die algemeenste soort huishouding in Suid-Korea wees.

China

Daar word gemeen dat twee-derdes van Chinese stede nie sal voldoen aan die nuwe regeringstandaarde vir luggehalte wat in 2016 in werking sal tree nie. Boonop word die gehalte van die water wat uit die meeste ondergrondse bronne verkry word, as “swak of uiters swak” geklassifiseer.