Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONS BESKOU DIE WÊRELD

Die Midde-Ooste in die kollig

Die Midde-Ooste in die kollig

Die Midde-Ooste—eens die tuiste van baie van die wêreld se vroegste beskawings—is ’n ryk bron van argeologiese skatte.

Kanaänitiese wynmakers

In 2013 het argeoloë ’n massiewe Kanaänitiese wynkelder opgegrawe wat sowat 3 700 jaar oud is. Daar was 40 groot kruike in die kelder wat die ekwivalent van 3 000 hedendaagse bottels wyn kon berg. ’n Argeoloog wat die oorblyfsel aan die binnekant van die houers ontleed het, het opgemerk dat die Kanaäniete puntenerige wynmakers was. Hy het gesê: “Hierdie resep is streng gevolg vir die wyn in ieder en elke kruik.”

HET JY GEWEET? Die Bybel sê dat “die beste wyn” in eertydse Israel gemaak is en dat dit in groot kruike geberg is.—Hooglied 7:9; Jeremia 13:12.

Bevolkingsontploffing

In 2012 is 560 000 meer babas in Egipte gebore as in 2010, volgens ’n berig in die Guardian. “Dit is die grootste vermeerdering in die geskiedenis van Egipte”, het Magued Osman, van die Egiptiese navorsingsmaatskappy Baseera gesê. Sommige deskundiges sê dat die land selfs groter water-, energie-, en voedseltekorte sal ondervind as die groei teen dié tempo aanhou.

HET JY GEWEET? Volgens die Bybel is God se voorneme dat die mens die ‘aarde moet vul’ in so ’n mate dat almal genoeg sal hê om van te lewe.—Genesis 1:28; Psalm 72:16.

Opgegaarde munte ontdek

Meer as 100 bronsmunte met die inskripsie “Jaar Vier” is naby ’n hoofweg in Israel ontdek. Dit dui op die vierde jaar van die Joodse opstand teen die Romeine (69-70 H.J.). Dit was die opstand wat tot Jerusalem se vernietiging gelei het. “Dit is duidelik dat iemand wat hier gewoon het, bang was dat die einde naby is—miskien kon hy die Romeinse leër sien nader kom”, sê Pablo Betzer, wat aan die hoof staan van die opgrawingswerk. “Hy het sy eiendom begrawe in die hoop om dit later te gaan haal.”

HET JY GEWEET? In 33 H.J. het Jesus die Romeinse beleëring van Jerusalem voorspel. Hy het Christene aangespoor om na die berge te vlug vir veiligheid.—Lukas 21:20-24.