Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | LAAT JOU GEWOONTES VIR JOU WERK

1 Wees realisties

1 Wees realisties

Dit kan ’n versoeking wees om alles in jou lewe onmiddellik te probeer verander. Jy sê vir jouself: ‘Hierdie week gaan ek ophou rook, ophou vloek, vroeër bed toe begin gaan, begin oefen, gesonder begin eet en my ouma en oupa begin bel.’ Maar as jy al jou doelwitte op een slag probeer bereik, sal jy beslis nie een van hulle bereik nie!

BYBELBEGINSEL: “Wysheid is by die beskeidenes.”Spreuke 11:2.

’n Beskeie persoon is realisties. Hy erken dat sy tyd, energie en middele beperk is. Hy probeer nie alles op een slag verander nie, hy bring eerder geleidelik verbeteringe aan.

As jy al jou doelwitte op een slag probeer bereik, sal jy beslis nie een van hulle bereik nie!

WAT JY KAN DOEN

Konsentreer op een of twee gewoontes op ’n slag. Die volgende stappe kan jou help:

  1. Maak ’n lys van die goeie gewoontes wat jy wil aanleer en ’n lys van enige slegte gewoontes wat jy moet afleer. Moenie jouself beperk nie; skryf op elke lys soveel gewoontes neer as waaraan jy kan dink.

  2. Nommer die dinge op jou lys in die volgorde van wat vir jou die belangrikste is.

  3. Kies op elke lys ’n paar gewoontes—selfs net een of twee—en konsentreer daarop. Beweeg dan aan na die volgende een of twee gewoontes op elke lys.

Bespoedig die proses deur ’n slegte gewoonte met ’n goeie gewoonte te vervang. Byvoorbeeld, as jy op jou lys van slegte gewoontes geskryf het dat jy te veel TV kyk en op jou lys van goeie gewoontes geskryf het dat jy in kontak wil bly met jou geliefdes, kan jy jou die volgende voorneem: ‘Van nou af gaan ek nie die TV onmiddellik aanskakel wanneer ek elke dag by die huis kom nie, ek gaan eerder ’n vriend of ’n familielid kontak om ’n bietjie te gesels.’