Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE WAGTORING Nr. 1 2023 | Verstandelike gesondheid – Hoe die Bybel kan help

Regoor die wêreld sukkel miljoene mense met verstandelike gesondheidsprobleme. Jonk en oud uit alle ekonomiese en opvoedkundige agtergronde, verskillende etniese groepe en godsdienstige agtergronde verduur verskriklike simptome. Wat is verstandelike gesondheidsprobleme, en hoe affekteer dit mense? Hierdie tydskrif sal bespreek hoe belangrik dit is om die regte mediese behandeling te kry, sowel as hoe die Bybel mense wat hieraan ly op verskillende praktiese maniere kan help.

 

’n Wêreldwye verstandelike gesondheidskrisis

Verstandelike siektes kan mense van enige ouderdom of agtergrond affekteer. Kyk hoe die Bybel se raad jou verstandelike gesondheid kan bevoordeel.

God gee vir jou om

Hoekom kan jy die vertroue hê dat Jehovah God jou gedagtes en gevoelens beter as enige iemand anders verstaan?

1 | Gebed – “Gee al julle bekommernisse oor aan God”

Kan jy regtig tot God bid oor enige angstige gedagte wat jy het? Hoe kan gebed dié help wat met angstigheid sukkel?

2 | “Vertroosting uit die Skrif”

Die Bybel se boodskap gee ons ware hoop dat pynlike emosies binnekort iets van die verlede sal wees.

3 | Hoe Bybelvoorbeelde jou kan help

Bybelverslae van mans en vrouens met gevoelens soos ons s’n kan ons help om minder alleen te voel wanneer ons pynlike emosies ondervind.

4 | Die Bybel gee praktiese raad

Kyk hoe dit jou kan help om jou verstandelike gesondheidsuitdagings te hanteer as jy nadink oor Bybelverse en redelike doelwitte stel.

Hoe om dié te help wat gesondheidsprobleme het

Om ’n vriend te ondersteun wat aan ’n verstandelike siekte ly, kan daardie persoon baie help.