Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Studiewenk

Studiewenk

Leer “geestelike liedere” uit jou kop uit

“Wanneer ek depressief voel, moedig Jehovah my aan deur die liedjies op JW Broadcasting®.” – Lorraine, VSA.

“Geestelike liedere” was nog altyd deel van Christelike aanbidding (Kol. 3:16). As jy hierdie liedjies uit jou kop uit leer, kan dit jou help selfs wanneer jy nie toegang tot ’n sangboek of ’n elektroniese toestel het nie. Probeer die volgende wenke om jou te help om liedjies te onthou.

  • Lees die woorde mooi om die betekenis daarvan te verstaan. As jy die betekenis van iets verstaan, is dit makliker om dit te onthou. Die woorde van al ons liedjies, insluitende die Broadcasting-liedjies en die liedjies vir kinders, is op jw.org beskikbaar. Gaan na die Biblioteek-deel, en kyk onder Musiek.

  • Skryf die woorde neer. Dit sal jou selfs meer help om dit te onthou. – Deut. 17:18.

  • Oefen hardop. Lees of sing die liedjie herhaaldelik.

  • Toets jou geheue. Probeer om die woorde te onthou sonder om na die bladmusiek te kyk, en kyk dan om te sien hoe goed jy gedoen het.