Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Luister God na alle gebede?

God luister na mense van alle nasies (Psalm 145:18, 19). Sy Woord, die Bybel, spoor ons aan om met hom te praat oor enigiets wat ons pla (Filippense 4:6, 7). Maar party gebede mishaag God. Hy wil byvoorbeeld nie hê dat mense gebede herhaal wat hulle uit die kop geleer het nie.—Lees Matteus 6:7.

Jehovah hou ook nie van die gebede van mense wat sy wet doelbewus verontagsaam nie (Spreuke 28:9). In Bybeltye het God byvoorbeeld geweier om te luister na Israeliete wat moord gepleeg het. Dit is duidelik dat ons aan sekere vereistes moet voldoen as ons wil hê dat God na ons gebede moet luister.—Lees Jesaja 1:15.

Wat moet ons doen sodat God na ons gebede sal luister?

Ons kan God nie in gebed nader sonder geloof nie (Jakobus 1:5, 6). Ons moet oortuig wees dat hy bestaan en vir ons omgee. Ons kan ons geloof versterk deur die Bybel te bestudeer, want ware geloof is gegrond op die bewyse en versekerings wat in God se Woord gevind word.—Lees Hebreërs 11:1, 6.

Ons moet opreg en nederig bid. Selfs God se Seun, Jesus, was nederig wanneer hy gebid het (Lukas 22:41, 42). Ons moet dus nie vir God sê wat om te doen nie; ons moet eerder sy vereistes probeer verstaan deur die Bybel te lees. Dan kan ons in ooreenstemming met God se wil bid.—Lees 1 Johannes 5:14.