Spring na inhoud

Was Jesus net ’n goeie mens?

Was Jesus net ’n goeie mens?

Die Bybel se antwoord

 Jesus was meer as net ’n goeie mens. Op die allerminste was hy die invloedrykste mens in die geskiedenis. Let op wat hierdie beroemde geskiedkundiges en skrywers oor hom gesê het:

 “Jesus van Nasaret . . . is sonder twyfel die vernaamste figuur in die geskiedenis.”—H.G. Wells, Engelse geskiedskrywer.

 “[Jesus se] lewe is die invloedrykste wat nog ooit op hierdie planeet gelei is, en die uitwerking daarvan word net al hoe groter.”—Kenneth Scott Latourette, Amerikaanse geskiedkundige en skrywer.

 Die Bybel toon waarom Jesus ’n groter invloed gehad het as enige ander goeie mens wat nog gelewe het. Toe Jesus sy intiemste volgelinge gevra het wie hulle dink hy is, het een van hulle tereg geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”—Matteus 16:16.