Spring na inhoud

Hoe kan ek my teen seksuele teistering beskerm?

Hoe kan ek my teen seksuele teistering beskerm?

Die Bybel se antwoord

 Kyk na hierdie praktiese wenke wat op die Bybel se wysheid gebaseer is:

  1.   Wees professioneel. Wees aangenaam en respekvol teenoor werksmaats, maar vermy die soort vriendelikheid wat die indruk skep dat hulle seksuele belangstelling vir jou aanvaarbaar sal wees.—Matteus 10:16; Kolossense 4:6.

  2.   Trek beskeie aan. Suggestiewe kleredrag stuur die verkeerde boodskap uit. Die Bybel beveel aan dat ons kleredrag van “beskeidenheid en gesonde verstand” moet getuig.—1 Timoteus 2:9.

  3.   Kies jou vriende wyslik. As jy tyd deurbring met diegene wat flankeerdery of seksuele toenadering duld of selfs verwelkom, is die moontlikheid groter dat jy op dieselfde wyse behandel sal word.—Spreuke 13:20.

  4.   Verwerp aanstootlike gesprekke. Verskoon jou wanneer ’n gesprek in “vuil stories, dwase praatjies of onwelvoeglike grappe” ontaard.—Efesiërs 5:4, God’s Word Bible.

  5.   Vermy situasies wat probleme kan skep. Pas byvoorbeeld op vir uitnodigings om sonder goeie rede na-ure by die werk te bly.—Spreuke 22:3.

  6.   Wees ferm en reguit. As jy seksueel geteister word, moet jy vir jou teisteraar uitdruklik sê dat sy of haar gedrag onwelkom is (1 Korintiërs 14:9). Jy kan byvoorbeeld sê: “Jy hou aan om aan my te raak, en dit laat my baie ongemaklik voel. Ek wil hê jy moet daarmee ophou.” Jy kan ’n brief aan jou teisteraar skryf en verduidelik wat gebeur het, hoe dit jou laat voel het en wat jy nou wil hê moet gebeur. Maak dit duidelik dat jou standpunt op jou sedelike en godsdiensoortuigings gebaseer is.—1 Tessalonisense 4:3-5.

  7.   Kry hulp. As die teistering voortduur, kan jy gerus daaroor praat met ’n vertroude vriend, gesinslid of medewerker of met iemand wat ervare daarin is om slagoffers te help (Spreuke 27:9). Baie slagoffers van seksuele teistering het hulp deur middel van gebed gekry. Al het jy nog nooit gebid nie, moet jy nie die hulp onderskat wat jy van Jehovah, “die God van alle vertroosting”, kan ontvang nie.—2 Korintiërs 1:3.

 Seksuele teistering skep vir miljoene ’n slegte werksmilieu, maar die Bybel kan help.