Spring na inhoud

Fotogalery 2 van Brittanje (September 2015 tot Augustus 2016)

Fotogalery 2 van Brittanje (September 2015 tot Augustus 2016)

Jehovah se Getuies in Brittanje is besig om hulle takkantoor 70 kilometer oos te verskuif van Mill Hill, Londen, tot naby die stad Chelmsford, Essex. Kyk na hierdie fotogalery om te sien hoe die werk aan die takkantoor gevorder het tussen September 2015 en Augustus 2016.

29 Oktober 2015—Tydelike terrein

Werkers gooi beton voor ’n gebou wat gebruik sal word om konstruksie-masjinerie te diens.

9 Desember 2015—Tydelike terrein

Kontrakteurs installeer dakpanele op ’n gebou. Gedurende konstruksie sal hier kantore en ’n eetsaal wees.

18 Januarie 2016—Tydelike terrein

’n Werker verwyder bome by die hoofingang. Hy gebruik ’n masjien om die boom af te sny en dit dan uit die pad te vat. Voor die einde van die projek sal werkers duisende nuwe bome plant om die bome wat verwyder moes word, te vervang.

31 Maart 2016—Takkantoorbouterrein

Werkers maak die grond skoon deur enige rommel wat op die terrein agtergelaat is, te verwyder.Die grond kan dan weer gebruik word.

14 April 2016—Takkantoorbouterrein

Werkers maak reg om ’n hyskraan te gebruik om tydelike behuising en kantore op te rig. Dit sal deur die permanente konstruksie-span en die besoekende kontrakteurs gebruik word.

5 Mei 2016—Takkantoorbouterrein

Werkers sorteer materiaal wat weer gebruik kan word en plaas dit dan in houers vir herwinning. Die komitee vir die konstruksie-projek het ’n doelwit gestel dat 95 persent van alle nieskadelike afval nie op vullisterreine sal beland nie. Op die oomblik word hierdie doelwit en nog meer bereik. Verder word 89 persent van alle bourommel van geboue wat op die terrein gesloop is, soos bakstene, stukke beton en hout, weer op die terrein gebruik.

23 Mei 2016—Tydelike terrein

’n Werker vul ’n sloot op wat gebruik word vir water- en afvoerpype vir die tydelike behuising vir konstruksie-werkers.

26 Mei 2016—Takkantoorbouterrein

’n Kontrakteur toets die grond om te sien of dit gebruik kan word om paaie op die terrein te bou.

31 Mei 2016—Prent van die takkantoor

Op 31 Mei 2016 het die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies hierdie ontwerp goedgekeur. Met hierdie goedkeuring en die goedkeuring deur die plaaslike owerheid kan die konstruksie-projek nou voortgaan.

16 Junie 2016—Takkantoorbouterrein

Om die grond te verwyder en te vervang met nuwe grond, is baie duur. Daarom verwyder werkers enige gemors uit die terrein se grond sodat dit weer gebruik kan word.

20 Junie 2016—Takkantoorbouterrein

Werkers maak die gebied skoon waar die hoofingangspad gebou gaan word. Hulle het aangehou met hierdie werk al het ’n deel van die terrein baie modderig geword omdat dit ’n maand lank hard gereën het.

18 Julie 2016—Tydelike terrein

Paaie word met water natgespuit sodat dit nie te stowwerig word nie. Om ’n bouterrein netjies te hou, is een van die reëls van die Program vir Bedagsame Bouers. Die komitee vir die konstruksie-projek het by hierdie organisasie geregistreer sodat hulle aan die plaaslike beplannings-vereistes kon voldoen. Die reëls van hierdie organisasie stem ooreen met Bybelbeginsels deur respek vir die gemeenskap en bedagsaamheid teenoor bure te bevorder.

18 Julie 2016—Tydelike terrein

’n Metaalwerker sny stawe met skroefdraad waaraan die metaalrakke vir die lugversorgingspype sal hang.

22 Julie 2016—Takkantoorbouterrein

Werkers sorteer 20 000 kubieke meter gemengde grond en rommel. Soos in die middel van die prentjie gesien kan word, word grond in ’n tregterwa gelaai. ’n Reeks siwwe van verskillende grotes word gebruik om rommel van die grond te skei sodat die fyner grond deurval. Vervoerbande aan drie kante neem die rommel na vragmotors.

22 Julie 2016—Takkantoorbouterrein

Kontrakteurs verskuif groot hoeveelhede grond sodat die grondhoogte van die terrein op die regte vlakke kan wees vir die ontwerp-vereistes van die geboue.

18 Augustus 2016—Takkantoorbouterrein

In die middel aan die linkerkant van die foto is kontrakteurs besig om die grond gelyk te maak sodat daar met die fondasies van die woongeboue begin kan word. Links agter is die voltooide behuising op die tydelike terrein waar 118 konstruksie-werkers kan woon.