Spring na inhoud

Jehovah se Getuies in Hongarye word geprys vir hulle noodlenigingspogings

Jehovah se Getuies in Hongarye word geprys vir hulle noodlenigingspogings

Buitengewone swaar reën het riviere in Sentraal-Europa in Junie 2013 laat oorstroom. In Hongarye het byna die hele Donaurivier sy hoogste vlak in die opgetekende geskiedenis bereik.

Met die oog op die noodsituasie het die Hongaarse Departement van Menslike Hulpbronne die takkantoor van Jehovah se Getuies in Hongarye gevra of die Getuies hulle kan help om vloedskade te voorkom. In reaksie hierop het die takkantoor die gemeentes langs die Donaurivier versoek om te help met vloedvoorkomingsaktiwiteite wat deur die plaaslike owerheid georganiseer is.

Die reaksie van die gemeentes wat uitsonderlik. In die daaropvolgende dae het meer as 900 Getuies van 72 gemeentes gehelp met die werk om die rivieroewers te versterk. Hulle is gevra om ’n lapelkaart te dra met die woorde “Jehovah se Getuies” sowel as hulle naam en die naam van hulle stad daarop.

In een stad het ’n verteenwoordiger van die plaaslike Hongaarse Rooikruis die volgende boodskap aan ’n gemeente gestuur: “Ons is julle dank en respek verskuldig, want ons sien selde voorbeelde van sulke eenheid en bereidwilligheid om te help—om nie eens te praat van hoe ver julle gereis het nie! Ek praat met trots oor julle wonderlike voorbeeld in ons stad!”

Die voorsitter van ’n noodlenigingsorganisasie, wat ook ’n lid van die Hongaarse Parlement is, het ’n brief aan die takkantoor gestuur om die Getuies te bedank vir hulle uitstekende ondersteuning.