Spring na inhoud

Betheltoere

Ons nooi jou hartlik om op toer te kom by ons takkantore, wat gewoonlik Bethel genoem word. Party van ons kantore het ook selfbegeleide uitstallings.

Toere begin weer: In baie lande het ons op 1 Junie 2023 weer met toere by ons takkantore begin. Vir meer inligting, kontak die takkantoor waar jy vir 'n toer wil gaan. Moet asseblief nie die takkantoor besoek as jy positief getoets het vir COVID-19, verkoue- of griepsimptome het nie of onlangs blootgestel is aan iemand wat positief getoets het vir COVID-19 nie.

Brasilië

Toerinligting

Bespreek ’n toer

Kyk na of verander toerbesprekings

Laai ’n toerbrosjure af

Uitstallings

Die Bybel – Die boek en sy Skrywer. Hierdie uitstalling gee die Skrywer van die Bybel, Jehovah God, die eer wat hy verdien en beklemtoon die hooftema van die Bybel: God se Koninkryk. Besoekers kan sien hoe die Bybel tot in ons dag behoue gebly het en hoe Jehovah die Bybel se oorspronklike boodskap beskerm het al het teenstanders dit probeer verander.

Geskiedkundige uitstalling. Hierdie uitstalling wys hoe Jehovah die Koninkrykspredikingswerk in Brasilië meer as 120 jaar lank geseën het. Besoekers kan onlangse geskiedkundige navorsing sien wat nuwe inligting ontdek het oor die begin en groei van die werk in Brasilië ondanks teenstand en vervolging.

Adres en telefoonnommer

Hoe om daar te kom