Jehovah se Getuies regoor die wêreld

Rusland

NUUSBERIGTE

In die tronk weens hulle geloof – Rusland

Jehovah se Getuies in Rusland is in die tronk weens hulle geloof. Vind uit wat hulle geskiedenis is, en kry ’n lys van al die Getuies wat tans in die tronk is.

Rusland val Oekraïne binne – Word Bybelprofesie vervul?

Vind uit hoekom hierdie geleentheid so belangrik is.

NUUSBERIGTE

Broers en susters ondersteun broer Konstantin Bazjenof lojaal gedurende sy tronkstraf, vrylating en deportasie

Konstantin Bazjenof is een van die eerste Getuies van Jehovah in Rusland wat sy tronkstraf uitgedien het sedert die Hooggeregshof die werk in 2017 verbied het. Nadat hy een en ’n halfjaar in die tronk was, is hy op 5 Mei 2021 vroeg vrygelaat en toe gedeporteer.

NUUSBERIGTE

Jehovah se Getuies in Irkoetsk bly getrou ten spyte daarvan dat hulle huise met geweld deursoek is

Op 4 Oktober 2021 is huise van Jehovah se Getuies in die Irkoetsk-streek deursoek. Tydens hierdie invalle is hulle wreed geslaan terwyl hulle ondervra is. Die gevolg is dat ses Getuies van Jehovah na ’n detensie-sentrum gestuur is net omdat hulle hulle Christelike geloof op ’n vredevolle manier beoefen het. Hulle sal daar in aanhouding bly tot hulle verhoor.

NUUSBERIGTE

Rusland verklaar dat die Bybel “ekstremisties” is

Die stadshof in Vyborg het verklaar dat die Russiese New World Translation of the Holy Scriptures “ekstremisties” is. Hierdie Bybel word in baie tale deur Jehovah se Getuies uitgegee.

Sien ook