Spring na inhoud

’n Polisiekar keer toegang by ’n brug wat oorstroom is in Sainte-Marie-de-Beauce, Quebec

17 MEI 2019
KANADA

Groot oorstromings in Kanada

Groot oorstromings in Kanada

Duisende mense in die Kanadese provinsies Nieu-Brunswyk, Ontario en Quebec moes hulle huise verlaat as gevolg van oorstromings. In die provinsie Quebec moes sowat 9 000 mense hulle huise verlaat.

Die takkantoor in Kanada het laat weet dat altesaam 44 van ons broers se huise in Quebec beskadig is. In Nieu-Brunswyk en Ontario is daar blykbaar nog geen skade nie, maar daar is nog steeds oorstromings.

Die kringopsieners in die gebiede in Quebec wat geraak is, werk saam met die plaaslike ouermanne om die verkondigers by te staan. En ’n verteenwoordiger van die takkantoor het die gebiede wat die ergste geraak is, besoek om die broers en susters daar aan te moedig. In die Beauce-streek het broers en susters al klaar begin skoonmaak en die modder verwyder uit 20 huise van ons broers wat oorstroom is. ’n Noodlenigingskomitee is in Sainte-Marthe-sur-le-Lac aangestel om diegene te help wie se huise beskadig is.

Ons bid dat ons broers wat deur die onlangse oorstromings geraak is, sal aanhou om op Jehovah te vertrou, wat hulle ‘sterkte en mag’ is. – Eksodus 15:2.