Spring na inhoud

11 APRIL 2018
KAZAKSTAN

Teymur Akhmedov op 4 April 2018 uit ’n tronk in Kazakstan vrygelaat

Teymur Akhmedov op 4 April 2018 uit ’n tronk in Kazakstan vrygelaat

Nursultan Nazarbayev, die president van Kazakstan, het Teymur Akhmedov amptelik vrygespreek en hy is op 4 April 2018 uit die tronk vrygelaat. Vroeër, op 27 Maart 2018, het die owerheid broer Akhmedov toegelaat om dringende behandeling by ’n hospitaal in Almaty te kry, waar hy op die oomblik besig is om te herstel.

Broer Akhmedov, wat 61 jaar oud is, is al vanaf 18 Januarie 2017 in die tronk net omdat hy sy godsdiens beoefen het. Hy is bly dat hy uiteindelik weer by sy familie kan wees.

Ons is baie bly dat Jehovah sy lojale kneg gered het. — 2 Samuel 22:2.