Spring na inhoud

Geboue wat erg beskadig is op die hoofstraat van Petrinja, Kroasië

8 JANUARIE 2021
KROASIË

Sterk aardbewing tref Kroasië

Sterk aardbewing tref Kroasië

Plek

Naby die dorpie Petrinja, 50 kilometer suid van Zagreb, Kroasië

Ramp

  • Op 29 Desember 2020 was daar ’n aardbewing van 6,4 in Kroasië. Dit word beskou as die grootste aardbewing wat nog ooit in Kroasië aangeteken is

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Geen van die 91 verkondigers in die gebied is beseer nie

  • 29 verkondigers moes hulle huis verlaat

Skade aan eiendom

  • 9 huise is erg beskadig

  • 16 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • Die Koninkryksaal in Sisak is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Die takkantoor in Kroasië het ’n Noodlenigingskomitee aangestel. Die komitee werk saam met twee kringopsieners en die plaaslike ouermanne om diegene wat geraak is, te help. Hulle reël vertroostende besoeke en voorsien noodlenigingsvoorrade. Hulle help ook diegene wat hulle huis moes verlaat, om blyplek te kry. Almal is gehoorsaam aan die COVID-19-veiligheidsmaatreëls

Ons bid dat Jehovah aanhou om ons broers en susters die krag te gee wat hulle nodig het in hierdie moeilike tyd. – 1 Petrus 5:10.