Spring na inhoud

22 FEBRUARIE 2023
NIGERIË

Christelike Griekse Geskrifte in Pidgin (Wes-Afrika) en Urhobo vrygestel

Christelike Griekse Geskrifte in Pidgin (Wes-Afrika) en Urhobo vrygestel

Op 12 Februarie 2023 het broer Jeffrey Winder, ’n lid van die Bestuursliggaam, die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Pidgin (Wes-Afrika) en Urhobo vrygestel. Altesaam 559 326 mense in Nigerië het deur middel van videoverbinding na die program gekyk, wat na die gemeentes gestroom was. Digitale kopieë van die Bybel was dadelik beskikbaar en kon afgelaai word. Gedrukte kopieë sal later in 2023 beskikbaar wees.

Die eerste Pidgin (Wes-Afrika)-gemeente was in 2015 begin. Daar is nou meer as 1 100 gemeentes in Nigerië en baie Pidgin (Wes-Afrika)-gemeentes in ander lande, soos Engeland en die Verenigde State. Eers het die gemeentes net die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in Engels gehad. Een broer het gesê: “In die verlede was dit vreemd om in Pidgin te preek, maar dan in Engels uit die Bybel te lees. Daar was tye wat die huisbewoner nie die punt verstaan het wat ons gelees het nie. Nou kan ons in Pidgin preek en die Bybel in Pidgin lees. Omdat ons nou die Bybel in die huisbewoner se moedertaal kan lees, sal ons boodskap nog duideliker wees.”

Lewe in hoop op ’n regverdige nuwe wêreld, die eerste boekie wat in Urhobo vertaal is

Die eerste Urhobo-gemeente is in 1933 begin. In 1968 het ons broers die eerste boekie met die titel Lewe in hoop op ’n regverdige nuwe wêreld in Urhobo vertaal. Sedertdien het die aantal Urhobo-gemeentes gegroei tot 103. Die vrystelling van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Urhobo wat natuurlik en maklik is om te verstaan, sal daardie gemeentes baie help.

Ons bid dat hierdie vertalings baie meer mense sal help om “gevul [te] word met die akkurate kennis” van God. – Kolossense 1:9.