Spring na inhoud

2 DESEMBER 2016
PANAMA

Vernietigende orkaan tref Sentraal-Amerika

Vernietigende orkaan tref Sentraal-Amerika

Op 23 November 2016 het orkaan Otto swaar reëns, oorstromings en vernietigende modderstortings in Costa Rica, Nicaragua en Panama veroorsaak, en duisende mense moes die gebied verlaat. Volgens verslae is geen Getuies van Jehovah in Costa Rica en Nicaragua dood of beseer nie. In Panama is daar ongelukkig een Getuie van Jehovah beseer en het ’n Getuiepaartjie in ’n modderstorting gesterf. Die Getuies het gereël dat slagoffers van die ramp geestelike en praktiese hulp ontvang.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, in hulle wêreldhoofkwartier in New York, is besig om die situasie te monitor. As dit nodig is, sal hulle toestemming gee dat noodlenigingskomitees in die streek fondse gebruik wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, 1-845-524-3000

Costa Rica: Pedro José Novoa Vargas, 506-8302-8499

Nicaragua: Guillermo José Ponce Espinoza, 505-8856-1055

Panama: Dario Fernando De Souza, 507-6480-3770

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000