Spring na inhoud

26 JULIE 2019
SPANJE

Madrid, Spanje – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Madrid, Spanje – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 19-21 Julie 2019

  • Plek: Wanda Metropolitano-stadion in Madrid, Spanje

  • Programtale: Engels, Spaans, Spaanse Gebaretaal

  • Bywoningshoogtepunt: 52 516

  • Aantal gedoop: 434

  • Aantal internasionale besoekers: 6 300

  • Genooide takkantore: Albanië, Argentinië, Bulgarye, Dominikaanse Republiek, Ghana, Hongarye, Kanada, Korea, Nederland, Peru, Sentraal-Amerika, Slowenië, Taiwan, Turkye, Verenigde State

  • Plaaslike ondervinding: César López, die bestuurder by een van die hotelle waar die internasionale besoekers gebly het, het gesê: “Ons het iets ongelooflik ondervind. Ons werkers kon nie ophou praat oor die besoekers wat die byeenkoms bygewoon het nie – hulle glimlag, hulle goeie gedrag en hulle vriendelikheid. Ek dink julle boodskap [“Liefde faal nooit”] is iets wat hierdie besoekers al klaar geleer het voordat hulle hierheen gekom het. Almal wat in ons hotel gebly het, was liefdevol. Julle is altyd weer welkom.”

 

Plaaslike broers en susters is opgewonde om die internasionale besoekers by die Adolfo Suárez Madrid-Barajas-lughawe te verwelkom

’n Plaaslike suster en ’n internasionale besoeker doen velddiens met die uitnodigings vir die streekbyeenkoms

Internasionale besoekers op pad na die streekbyeenkoms

Internasionale besoekers glimlag en waai aan die einde van Vrydag se program

Twee jong Getuies by een van die byeenkomsplekke wat ingeskakel is by die streekbyeenkomsprogram. Hulle wys ’n elektroniese kopie van die hersiene uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling in Spaans op hulle selfone. Die Bybel is Vrydag in Madrid en op dieselfde tyd by 11 ander byeenkomsplekke in Spanje vrygestel

Een van die 434 nuwe broers en susters glimlag nadat hy gedoop is

Besoekende spesiale voltydse dienaars waai vir die gehoor op die laaste dag van die byeenkoms

Broers en susters is bly en klap hande gedurende die streekbyeenkoms

Broer Gerrit Lösch, ’n lid van die Bestuursliggaam, skud die hand van een van die spesiale voltydse dienaars aan die einde van die streekbyeenkoms

Susters in kleurvolle rokke voer ’n tradisionele dans op by ’n spesiale geleentheid vir die internasionale besoekers