Spring na inhoud

Die jw.org-stalletjie by die Zimbabwe se Internasionale Handelskou trek baie mense se aandag

13 JUNIE 2023
ZIMBABWE

Mense van verskillende agtergronde word bereik by die Zimbabwe se Internasionale Handelskou vir 2023

Mense van verskillende agtergronde word bereik by die Zimbabwe se Internasionale Handelskou vir 2023

Vanaf 25 tot 29 April 2023 is die Zimbabwe se Internasionale Handelskou (ZITF) in Bulawayo, Zimbabwe, gehou. Die handelskou is een van die grootste skoue in die land, met 500 tentoonstellers uit 22 lande, en meer as 60 000 mense het die skou besoek. Jehovah se Getuies het ’n stalletjie gehad wat deel was van die afdeling vir onderwys en opleiding.

Bybelpublikasies was beskikbaar in tien tale, insluitende Zimbabwiese Gebaretaal, om diegene te help wat van ander lande gekom het. ’n Interaktiewe Bybelstudiekursus is ook vir belangstellendes beskikbaar gemaak. Teen die einde van die skou was meer as 12 000 Bybelpublikasies geplaas en het meer as 450 mense gevra dat Jehovah se Getuies hulle moet kom besoek. Suster Eucebiah Mukura, wat besoekers by die stalletjie verwelkom het, het gesê: “Baie mense het ingestem tot ’n gratis Bybelstudie. Dit het my gelukkig gemaak om so baie mense te hoor sê dat hulle daarna uitsien om deur Jehovah se Getuies besoek te word.”

Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel was ook by die stalletjie beskikbaar. Toe ’n vrou hoor hoe iemand hardop uit die vertaling in die Ndebele-taal lees, was sy beïndruk deur hoe duidelik dit was en het sy ’n kopie vir haarself gevra. ’n Ander jong vrou het opgewonde vir ons suster gewys dat sy die JW Library-app op haar foon geïnstalleer het. Sy het verduidelik dat sy dit gedoen het sodat sy haar eie kopie van die Nuwe Wêreld-vertaling kon hê.

Suster Gillian Ellerman, wat die besoekers gehelp het, het gesê: “Dit was ’n wonderlike ondervinding. Daar was heeltyd mense wat die stalletjie besoek het. Dit het baie eer aan Jehovah gebring!”

Dit is baie aanmoedigend om te sien hoe ons broers en susters in Zimbabwe elke geleentheid gebruik om die “akkurate kennis van die waarheid” met ander te deel. – 1 Timoteus 2:4.