Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW.ORG-WEBWERF

Hoe om JW.ORG op ’n elektroniese toestel te gebruik

Hoe om JW.ORG op ’n elektroniese toestel te gebruik

Al die webblaaie en funksies wat op ’n volgrootte rekenaarskerm beskikbaar is, is ook op ’n slimfoon of tablet beskikbaar. Maar die kieslyste en skerms word anders vertoon op kleiner skerms van elektroniese toestelle om dit so gebruikersvriendelik as moontlik te maak. Die wenke in hierdie artikel sal jou help om die items wat jy nodig het, op jw.org te vind.

 Gebruik kieslyste op elektroniese toestelle

Op ’n volgrootte skerm word die hoofgedeeltes altyd boaan die skerm vertoon, en die sekondêre kieslys verskyn onder elke gedeelte boaan die skerm.

Maar op die klein skerm van ’n elektroniese toestel word al die kieslyste aan die kant van die skerm vertoon. Die kieslyste word ook versteek wanneer dit nie gebruik word nie sodat soveel moontlik inligting op die skerm kan verskyn.

  • Kliek op die Kieslys-knoppie om die kieslyste te versteek of te vertoon. Kliek op die naam van ’n gedeelte om na daardie gedeelte te gaan.

  • Kliek op die Vertoon lys-knoppie om die sekondêre kieslys in ’n gedeelte te sien. Kliek op ’n opsie op die kieslys om soontoe te gaan.

  • Kliek op die Verberg lys-knoppie om die sekondêre kieslys in ’n gedeelte te versteek.

  • Kliek op die JW.ORG-knoppie om weer na die tuisblad te gaan.

  • Kliek op die Taal-knoppie om die lys van beskikbare tale te sien.

  • Kliek op die Soek-knoppie om inligting met behulp van die soekfunksie van die webwerf te vind.

 Vind die artikels of hoofstukke van ’n publikasie

Op ’n volgrootte skerm is die inhoudsopgawe altyd sigbaar terwyl jy ’n artikel of ’n hoofstuk in ’n publikasie lees. Maar op die klein skerm van ’n elektroniese toestel is die inhoudsopgawe versteek.

  • Kliek op die Vertoon lys-knoppie om die inhoudsopgawe te sien. Kliek op ’n titel om die inligting van daardie artikel of hoofstuk te sien.

  • Kliek op die Vorige-knoppie om die vorige artikel of hoofstuk te sien.

  • Kliek op die Volgende-knoppie om die volgende artikel of hoofstuk te sien.

  • Kliek op die Verberg lys-knoppie om die inhoudsopgawe te versteek en die huidige artikel of hoofstuk verder te lees.

 Gebruik die aanlyn Bybel

Gaan na BIBLIOTEEK > AANLYN BYBEL en kies ’n Bybel. Of kliek op die Lees die Bybel aanlyn-skakel op die tuisblad.

In die Vertoon-kieslyste kies ’n Bybelboek en hoofstuk, en kliek op die Gaan-knoppie.

  • Kliek op die Vertoon lys-knoppie om die inhoudsopgawe van die Bybel te sien, insluitende die inleidende materiaal en aanhangsels.

  • Kliek op die Vorige-knoppie om die vorige hoofstuk te sien.

  • Kliek op die Volgende-knoppie om die volgende hoofstuk te sien.

  • Kliek op die Verberg lys-knoppie om die inhoudsopgawe van die Bybel te versteek.

 Luister na die oudio-opname van ’n artikel

As ’n oudio-opname beskikbaar is van die artikel wat jy lees, sal daar ’n Oudiobalkie wees.

  • Kliek op die Speel-knoppie om die oudio-opname te begin speel.

  • Kliek op die Pouseer-knoppie om die oudio te pouseer. Kliek weer op die Speel-knoppie om die oudio-opname verder te speel.

  • Skuif die Oudiowyser vorentoe of agtertoe om na ’n ander plek in die oudio-opname te gaan.

As jy die oudio-opname begin speel en dan na die onderkant van die artikel beweeg, sal die Oudiobalkie op die Hoofkieslys bly. Dit stel jou in staat om die oudio-opname te pouseer en dan verder te speel sonder om jou plek in die artikel te verloor.