Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW.ORG-WEBWERF

Vind inligting aanlyn

Vind inligting aanlyn

Honderde teks-, oudio- en video-items is beskikbaar in die BIBLIOTEEK-gedeelte op jw.org. Gebruik die wenke in hierdie artikel om die inligting te vind waarna jy soek.

 Gebruik die soekfunksie

Om inligting te vind wat spesifieke woorde of frases bevat, gebruik die soekfunksie.

Tik die woorde of frase wat jy soek in die Soek-venster in. Kliek dan op Enter of kliek op die Soek-knoppie. As jy weet watter sleutelwoorde of frases in die publikasie verskyn, tik almal in. Dit kan die inligting wat jy soek, hoër in die soekresultate laat verskyn.

As daar te veel resultate is, gebruik een van die volgende opsies om net spesifieke inligting te sien:

  • Kies ’n filter-opsie boaan die Soek-blad. Byvoorbeeld, kies Video’s om net video’s in die resultate te sien.

  • Kliek op die Sien alles-knoppie vir ’n kategorie om jou soekresultate te beperk tot items in daardie kategorie.

Inligting wat op die Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK is, maar wat nie op jw.org is nie, verskyn ook op die Soek-blad.

 Vind ’n publikasie met ’n spesifieke titel

As jy die titel van ’n publikasie ken, of ten minste ’n gedeelte daarvan, kan jy die metode wat hieronder beskryf word, gebruik om die publikasie gou te vind.

Gaan na BIBLIOTEEK > BOEKE & BROSJURES.

  • In die Alle items-kieslys tik ’n woord in uit die titel van die publikasie waarna jy soek. As jy byvoorbeeld na die Leer ons-boek soek, tik “leer” in. Die kieslys word dan beperk tot publikasies met die woord “leer” in die titel. Kies die titel van die boek waarna jy soek.

  • Kliek op die Soek-knoppie.

 Vind ’n spesifieke nommer van ’n tydskrif

Gaan na BIBLIOTEEK > TYDSKRIFTE.

Wanneer jy die blad oopmaak, sal jy die vier jongste nommers van die Ontwaak! en Die Wagtoring (publieke uitgawe) sien, asook die agt jongste nommers van die studie-uitgawe van Die Wagtoring. Om ’n spesifieke nommer van ’n tydskrif te vind, volg die volgende stappe:

  • Kies die uitgawe en jaar van die tydskrif op die kieslyste.

  • Kliek op die Soek-knoppie.

 Kyk na aflaai-opsies vir ’n publikasie

Daar is twee maniere om publikasies te vertoon – in ’n rooster- of ’n lys-uitleg.

Kliek op die knoppie vir Roosteruitleg om die beskikbare publikasies in ’n roosteruitleg te sien. Hierdie blad sal outomaties met hierdie uitleg oopmaak.

Kliek op die knoppie vir Lysuitleg om die beskikbare publikasies in ’n lys te sien.

Elke publikasie wys die voorblad van die publikasie, die titel van die publikasie en beskikbare aflaai-opsies.

Kliek op die titel om dit aanlyn te lees.

Kliek op die Teks-knoppie om die Laai af-venster oop te maak.

Party publikasies is beskikbaar in ’n paar aflaaibare formate, soos PDF en JWPUB. Sekere publikasies het ook meer as een uitgawe beskikbaar, soos standaard en groot druk.

Kies die formaat en uitgawe wat jy wil aflaai.

Kliek op die Oudio-knoppie om die Laai af-venster oop te maak. Kies die oudio wat jy wil aflaai.

Kliek op die Video-knoppie om die Laai af-venster oop te maak. Kies die video wat jy wil aflaai.