Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW LIBRARY

Begin JW Library gebruik​—Android

Begin JW Library gebruik​—Android

Welkom by JW Library. Hierdie app is ontwerp om jou te help om die Bybel te lees en te studeer. Jy kan die funksies van die app in die navigasie-opsie oopmaak. Vee na regs om die navigasie-opsie te vertoon of tik op die drie strepies links bo in die hoek.

 Bybel

Tik op Bybel om dit te lees en Bybelvertalings te installeer. Tik op ’n Bybelboek en dan op ’n hoofstuk om te begin lees. Terwyl jy lees, kan jy ook voetnote, kruisverwysings en ander vertalings in die Studie-paneel sien.

Om ’n ander teks te lees, gaan terug na die navigasie-opsie en tik weer op Bybel om al die Bybelboeke te sien.

 Publikasies

Tik op Publikasies om teks-, oudio- en videopublikasies te sien. Tik op ’n publikasie en dan op ’n artikel om dit te lees. Terwyl jy lees, kan jy ook teksverwysings naslaan. Tik op ’n teksverwysing om die vers in die Studie-paneel te sien. Tik op die skakel in die Studie-paneel om daardie vers in die Bybel oop te maak.

Om ’n ander publikasie oop te maak, gaan terug na die navigasie-opsie en tik weer op Publikasies om die lys te sien.

 Dagteks

Om die dagteks te lees, gaan na die navigasie-opsie en tik op Dagteks.

 Aanlyn

Onder die hofie Aanlyn in die navigasie-opsie is daar skakels na ons amptelike webwerwe.

 Kry die nuutste weergawe

Maak seker dat jy die nuutste weergawe van JW Library het deur jou toestel op datum te hou.

Dit is goed om die nuutste weergawe van Android af te laai wat vir jou toestel beskikbaar is. Kyk na die volgende skakel vir meer inligting: https://support.google.com/nexus/answer/4457705.

Om dit vir jou maklik te maak, kan jy jou apps outomaties opdateer deur na jou instellings te gaan op jou toestel. Kyk na die volgende skakel vir meer inligting: https://support.google.com/googleplay/answer/113412.