Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

JW LIBRARY

Kies jou voorkeure—Android

Kies jou voorkeure—Android

JW Library bied ’n aantal opsies sodat jy makliker op ’n toestel kan lees. Hierdie opsies word aan die bokant van die skerm vertoon wanneer jy ’n hoofstuk of ’n artikel lees.

Om party van hierdie opsies te kies, moet jy op die drie kolletjies regs bo in die hoek tik.

Volg hierdie instruksies om jou voorkeure te kies:

 Verander die taal

Jy kan die taal verander van die hoofstuk of artikel wat jy besig is om te lees.

  • Tik op die Tale-knoppie om te sien in watter ander tale hierdie bladsy ook beskikbaar is. Die tale wat jy die meeste gebruik, sal bo-aan die lys verskyn. Die vereenvoudigde uitgawe van The Watchtower verskyn ook hier. Jy kan ook na ’n taal soek deur die naam van die taal in te tik.

  • Tale wat jy nog nie afgelaai het nie, word met die klein wolkie aangedui. Tik op ’n taal om die publikasie af te laai. Wanneer ’n publikasie afgelaai is, sal die klein wolkie verdwyn. Tik weer op die taal om die publikasie te begin lees.

 Verander die teksgrootte

Jy kan die skrif op jou toestel groter of kleiner maak sodat jy dit maklik kan lees.

Tik op die drie kolletjies en kies die opsie Teksgrootte; maak dan die skrif groter of kleiner. Die teksgrootte sal in al die publikasies in die app verander word.

 Vertoon beeld of teks

Jy kan kies om party artikels as ’n prent of as teks te vertoon. Tik op die gepaste knoppie om tussen hierdie opsies te kies.

  • Vertoon beeld: Die beeld-opsie wys hoe die bladsy in die gedrukte publikasie lyk. Party verkies byvoorbeeld hierdie opsie sodat hulle die bladmusiek in die liedereboek kan sien.

  • Vertoon teks: Met die teks-opsie word Bybelverse as skakels vertoon waarop jy kan tik. Dit sal in die teksgrootte verskyn wat jy gekies het.

 Maak oop in . . .

Met die opsie Maak oop in . . . kan jy iets van JW Library in ander apps oopmaak.

Tik op Maak oop in . . . om die lys van opsies te sien. Jy kan byvoorbeeld tik op Maak oop in Aanlyn Biblioteek om die artikel wat jy lees, in die Wagtoring-AANLYN BIBLIOTEEK oop te maak.

 Verstel jou lys Bybelvertalings

Wanneer jy op ’n teksverwysing in ’n publikasie tik, vertoon dit die Bybelvers. Tik op die Verstel-knoppie onderaan die verse om te kies watter van die Bybelvertalings wat jy afgelaai het, jy op jou lys wil hê.

Tik op die Rooi of Groen knoppie om vertalings op die lys te sit of af te haal. Skuif die Bybels op en af om die volgorde van die Bybelvertalings op die lys te verander.

Sien “Laai Bybels af en organiseer dit—Android” om te leer hoe om nog Bybelvertalings in JW Library te kry.

Hierdie funksies is in Februarie 2015 met JW Library 1.4 vrygestel, en werk met Android 2.3 of nuwer weergawes. Indien jy nie hierdie funksies sien nie, moet jy asseblief die instruksies volg in die artikel “Begin JW Library gebruik—Android”, onder Kry die nuutste weergawe.