Aan die Efesiërs 2:1-22

  • Lewend gemaak saam met Christus (1-10)

  • Skeidsmuur is vernietig (11-22)

2  Verder het God julle lewend gemaak, al was julle dood weens julle oortredings en sondes.+  Julle het vroeër die weg van hierdie wêreld* gevolg,+ die weg van die heerser van die mag van die lug,+ die gees+ wat nou in die seuns van ongehoorsaamheid aan die werk is.  Ja, voorheen het ons almal ons volgens die begeertes van ons vlees gedra,+ net soos hulle. Ons het gedoen wat ons vlees en gedagtes wou hê ons moes doen,+ en net soos die res was ons van nature kinders van God se woede.+  Maar God, wat groot genade het,+ het ons weens sy groot liefde waarmee hy ons liefgehad het,+  lewend gemaak saam met die Christus, selfs toe ons dood was weens oortredings.+ Julle is deur onverdiende goedheid gered.  Wat meer is, hy het ons saam opgewek en saam laat sit in die hemelse plekke in eenheid met Christus Jesus.+  Hy het dit gedoen sodat hy in die komende tydperke* duidelik kon toon hoe groot sy onverdiende goedheid is wat hy uit sy hart* betoon het aan ons wat in eenheid met Christus Jesus is.  Deur hierdie onverdiende goedheid is julle deur middel van geloof gered,+ en julle het dit nie aan julleself te danke nie. Dit is eerder God se gawe.  Nee, dit is nie aan werke te danke nie,+ sodat niemand ’n rede sou hê om te spog nie. 10  Ons is God se handewerk,* en ons is in eenheid met Christus Jesus+ geskep+ vir goeie werke, wat God vooraf vasgestel het vir ons om te doen. 11  Hou dus in gedagte dat julle wat as mense van die nasies gebore is,* eens op ’n tyd onbesnede genoem is deur dié wat deur mensehande besny is. 12  Op daardie stadium was julle sonder Christus, vervreemd van die staat Israel, vreemdelinge ten opsigte van die verbonde van die belofte.+ Julle het geen hoop gehad nie en was sonder God in die wêreld.+ 13  Maar julle wat eers ver weg was, het nou in eenheid met Christus Jesus naby gekom deur die bloed van die Christus. 14  Want hy is ons vrede.+ Hy het die twee groepe een gemaak+ en die muur wat hulle geskei het, vernietig.+ 15  Deur middel van sy liggaam* het hy ’n einde gemaak aan die vyandskap, naamlik die Wet wat bestaan uit gebooie en wetsvoorskrifte, sodat hy die twee groepe in eenheid met homself tot een nuwe mens kon maak.+ So kon hy vrede bring 16  en deur die folterpaal*+ albei groepe in een liggaam heeltemal met God versoen. Hy het die vyandskap deur middel van homself verwyder.+ 17  En hy het gekom en die goeie nuus van vrede bekend gemaak aan julle wat ver weg was en aan dié wat naby was, 18  want deur middel van hom het ons, albei groepe, deur een gees vrye toegang tot die Vader. 19  Julle is dus beslis nie meer vreemdelinge en uitlanders nie,+ maar julle is medeburgers+ van die heiliges en lede van die huisgesin van God.+ 20  Julle is opgebou op die fondament van die apostels en profete,+ terwyl Christus Jesus self die belangrikste hoeksteen van die fondament is.+ 21  In eenheid met hom groei die hele gebou, wat harmonies saamgevoeg is,+ tot ’n heilige tempel vir Jehovah.*+ 22  In eenheid met hom word julle ook saam opgebou tot ’n plek waarin God deur gees woon.+

Voetnote

Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.
Of “stelsels van dinge”. Sien Woordelys.
Of “goedgunstiglik”.
Of “’n produk van Sy werk”.
Of “in die vlees mense van die nasies was”.
Lett. “vlees”.