Eksodus 20:1-26

  • Die Tien Gebooie (1-17)

  • Verskynsels maak Israel bang (18-21)

  • Instruksies oor aanbidding (22-26)

20  Toe het God al hierdie woorde gesê:+  “Ek is Jehovah julle God wat julle uit Egipte, uit die huis van slawerny, uitgelei het.+  Jy mag geen ander gode buiten my* hê nie.+  “Jy mag nie vir jou ’n beeld of ’n afbeelding* maak van enigiets wat bo in die hemel, onder op die aarde of in die waters op* die aarde is nie.+  Jy mag nie voor hulle neerbuig of verlok word om hulle te dien nie,+ want ek, Jehovah jou God, is ’n God wat uitsluitlike toegewydheid vereis,+ wat straf vir die oortreding van vaders oor kinders bring, oor die derde geslag en oor die vierde geslag van dié wat my haat,  maar wat lojale liefde betoon aan die duisendste geslag van dié wat my liefhet en my gebooie gehoorsaam.+  “Jy mag nie die naam van Jehovah jou God op ’n disrespekvolle manier gebruik nie,+ want Jehovah sal nie die een wat Sy naam op ’n disrespekvolle manier gebruik, ongestraf laat bly nie.+  “Hou die Sabbatdag sodat dit heilig sal bly.+  Jy het ses dae om te werk en om alles te doen wat jy moet,+ 10  maar die sewende dag is ’n sabbat vir Jehovah jou God. Jy mag geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of jou slaaf of jou slavin of jou mak dier of die uitlander wat in julle stede* woon nie.+ 11  Want in ses dae het Jehovah die hemel, die aarde, die see, en alles wat in hulle is, gemaak, en op die sewende dag het hy begin rus.+ Daarom het Jehovah die Sabbatdag geseën en dit geheilig. 12  “Eer* jou pa en jou ma+ sodat jy lank kan lewe in die land wat Jehovah jou God aan julle gee.+ 13  “Jy mag nie moord pleeg nie.+ 14  “Jy mag nie egbreuk pleeg nie.+ 15  “Jy mag nie steel nie.+ 16  “Jy mag nie valslik getuig wanneer jy getuienis teen jou medemens aflê nie.+ 17  “Jy mag nie jou medemens se huis begeer nie. Jy mag nie jou medemens se vrou begeer nie,+ en ook nie sy slaaf of sy slavin of sy bul of sy donkie of enigiets wat aan jou medemens behoort nie.”+ 18  En die hele volk het die donderslae en die geluid van die horing gehoor en die weerlig en die rokende berg gesien. Toe die volk dit sien, het hulle begin bewe en op ’n afstand gestaan.+ 19  En hulle het vir Moses gesê: “Praat jy met ons, en ons sal luister, maar moenie dat God met ons praat nie, want ons is bang dat ons sal sterf.”+ 20  Toe het Moses vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie, want die ware God het gekom om julle te toets+ sodat die vrees vir hom in julle kan bly en sodat julle nie sondig nie.”+ 21  En die volk het op ’n afstand bly staan, maar Moses het nader gegaan aan die donker wolk waar die ware God was.+ 22  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Dít is wat jy vir die Israeliete moet sê: ‘Julle het self gesien dat ek uit die hemel met julle gepraat het.+ 23  Julle mag nie vir julle gode van silwer of goud maak nie, want julle mag geen ander gode buiten my hê nie.+ 24  Julle moet ’n altaar van grond vir my maak, en julle moet julle brandoffers, julle vrede-offers,* julle kleinvee en julle beeste daarop offer. Op elke plek waar ek wil hê dat my naam onthou moet word,*+ sal ek na julle toe kom en julle seën. 25  As julle vir my ’n klipaltaar maak, mag julle nie klippe gebruik wat met gereedskap gekap is nie.+ Want as julle met julle beitel daaraan kap, sal julle dit ontheilig. 26  En julle mag nie met trappe na my altaar opklim nie, sodat julle geslagsdele* nie daarop ontbloot word nie.’

Voetnote

Of “in verset teen my”. Lett. “teen my aangesig”.
Of “vorm”.
Lett. “onder”.
Lett. “poorte”.
Of “Respekteer”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “waar ek aanbid moet word”.
Lett. “naaktheid”.