Jesaja 48:1-22

  • Israel bestraf en gereinig (1-11)

  • Jehovah sal teen Babilon optree (12-16a)

  • God leer jou om jouself te bevoordeel (16b-19)

  • “Gaan uit Babilon uit!” (20-22)

48  Luister, o huis van Jakob,julle wat julleself Israel noem+en wat uit die waters van Juda voortgekom het,*julle wat by die naam van Jehovah sweer+en wat die God van Israel aanroep,maar nie in opregtheid en regverdigheid nie.+   Want hulle noem hulleself die mense van die heilige stad,+en hulle soek die ondersteuning van die God van Israel,+wie se naam Jehovah van die leërmagte is.   “Ek het die dinge wat vroeër gebeur het,* lank gelede aan julle bekend gemaak. Ek het dit met my eie mond gesê,en ek het dit geopenbaar.+ Ek het skielik opgetree, en dit het plaasgevind.+   Omdat ek weet hoe hardkoppig jy is – jou nek is ’n ystersening en jou voorkop is koper+   het ek jou lank gelede daarvan vertel. Voordat dit gebeur het, het ek jou daarvan vertel,sodat jy nie kon sê: ‘My afgod het dit gedoen,en my beelde* het beveel dat dit moet gebeur’ nie.   Jy het dit alles gehoor en gesien. Gaan jy dit nie verkondig nie?+ Van nou af gaan ek nuwe dinge aan jou bekend maak,+geheime waarvan jy nie geweet het nie.   Hulle word nou eers geskep. Hulle is nie lank gelede geskep nie. Jy het tot nou toe nie van hierdie dinge gehoor nie,sodat jy nie kan sê: ‘Ek weet dit al lankal’ nie.   Nee, jy het nie gehoor nie,+ jy het nie geweet nie,en in die verlede was jou ore toe. Want ek weet dat jy baie bedrieglik is,+en jy is van geboorte af ’n oortreder genoem.+   Maar ter wille van my naam sal ek my woede terughou.+ Ter wille van my eer sal ek nie teen jou optree nie,en ek sal jou nie vernietig nie.+ 10  Kyk! Ek het jou gesuiwer, maar nie soos silwer nie.+ Ek het jou gesuiwer* in die smeltoond van lyding.+ 11  Om my eie onthalwe, om my eie onthalwe, sal ek optree,+want hoe kan ek toelaat dat ek ontheilig word?+ Ek gee my heerlikheid aan niemand anders nie.* 12  Luister na my, o Jakob, en Israel, wat ek geroep het. Ek is dieselfde.+ Ek is die eerste, en ek is ook die laaste.+ 13  My eie hand het die fondament van die aarde gelê,+en my regterhand het die hemel uitgesprei.+ Wanneer ek hulle roep, staan hulle saam op. 14  Kom almal bymekaar en luister. Wie van hulle* het hierdie dinge aangekondig? Jehovah het iemand liefgehad+wat sy wil in verband met Babilon sal uitvoer,+en sy arm sal die Galdeërs tref.+ 15  Ek het gepraat, en ek het hom geroep.+ Ek het hom gebring, en hy sal suksesvol wees.+ 16  Kom nader en luister hierna. Van die begin af het ek nooit in die geheim gepraat nie.+ Toe dit gebeur het, was ek daar.” En nou het die Soewereine Heer Jehovah my gestuur, sowel as sy gees. 17  Dít is wat Jehovah sê, jou Terugkoper, die Heilige van Israel:+ “Ek, Jehovah, is jou God,die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel,*+die Een wat jou lei op die weg wat jy moet volg.+ 18  As jy maar net aan my gebooie aandag sal skenk!+ Dan sal jou vrede net soos ’n rivier word,+en jou regverdigheid soos die golwe van die see.+ 19  Jou nageslag* sal dan so baie wees soos die sand,en jou nakomelinge soos die sandkorrels.+ Hulle naam sal nooit voor my uitgeroei of uitgewis word nie.” 20  Gaan uit Babilon uit!+ Vlug van die Galdeërs af! Kondig dit aan met uitroepe van vreugde! Maak dit bekend!+ Verkondig dit tot aan die eindes van die aarde.+ Sê: “Jehovah het sy kneg Jakob teruggekoop.+ 21  Hulle het nie dors geword toe hy hulle deur verwoeste plekke gelei het nie.+ Hy het vir hulle water uit die rots laat vloei. Hy het ’n rots laat oopbreek en water laat uitstroom.”+ 22  “Daar is geen vrede vir die goddeloses nie,”+ sê Jehovah.

Voetnote

Of moontlik “wat nakomelinge van Juda is”.
Lett. “die eerste dinge”.
Of “my uitgekerfde beeld en my metaalbeeld”.
Of “getoets; ondersoek”. Of moontlik “gekies”.
Of “Ek deel nie my heerlikheid met enigiemand anders nie”.
Verwys blykbaar na die valse gode.
Of “vir jou eie beswil”.
Lett. “saad”.