Spreuke 2:1-22

  • Waarde van wysheid (1-22)

    • Soek na wysheid soos na versteekte skatte (4)

    • Denkvermoë ’n beskerming (11)

    • Onsedelikheid lei tot rampspoed (16-19)

2  My seun, as jy my woorde aanneemen my gebooie as ’n skat bewaar+   deur aandagtig na wysheid te luister+en jou hart oop te maak om insig te verkry;+   en as jy na begrip roep+en vir insig vra;+   as jy daarna bly soek soos na silwer+en hard daarna bly soek soos na versteekte skatte;+   dan sal jy verstaan wat dit beteken om Jehovah te vrees,+en jy sal God leer ken.+   Want Jehovah gee wysheid,+en sy woorde gee ’n mens kennis en insig.   Hy bewaar praktiese wysheid as ’n skat vir dié wat reg lewe. Hy is ’n skild vir dié wat ’n weg van integriteit* volg.+   Hy waak oor die paaie van geregtigheid,en hy sal sy lojales op hulle weg beskerm.+   Dan sal jy verstaan wat reg en regverdig isen wat die goeie weg is.+ 10  Wanneer wysheid in jou hart ingaan+en jou siel* lief word vir kennis,+ 11  sal denkvermoë oor jou wag hou+en sal insig jou beskerm. 12  Dit sal jou beskerm teen die slegte weg,teen mense wat verkeerde dinge sê,+ 13  teen dié wat die regte pad verlaatom die weë van duisternis te volg,+ 14  teen dié wat dit geniet om verkeerde dinge te doen,wat vreugde vind in uiters goddelose dinge, 15  dié wie se paaie krom isen wat altyd bedrieglik is. 16  Dit sal jou beskerm teen die slegte* vrou,teen die verleidelike woorde van die onsedelike* vrou,+ 17  wat haar man* verlaat+en wat die verbond tussen haar en God vergeet. 18  Want haar huis lei na die dood,en haar paaie lei na die graf.+ 19  Niemand wat by haar ingaan,* sal terugkeer nie,en hulle sal nie weer die paaie na die lewe vind nie.+ 20  Daarom moet jy die weg van goeie mense volgen op die paaie van die regverdiges bly.+ 21  Want net die goeie mense sal op die aarde woon,en dié wat ’n rein lewe lei,* sal daarop oorbly.+ 22  Maar goddelose mense sal van die aarde af uitgeroei word,+en bedrieglike mense sal daarvan weggeruk word.+

Voetnote

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Lett. “vreemde”. Blykbaar ’n vrou wat sedelik vervreemd is van God.
Lett. “uitlandse”. Blykbaar ’n vrou wat sedelik vervreemd is van God.
Lett. “die hegte vriend van haar jeug”.
Of “seksuele omgang met haar het”.
Of “wat hulle integriteit behou”. Sien Woordelys.