Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die stad Astana

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Kazakstan

’n Besoek aan Kazakstan

KAZAKKE het in die ou tyd as nomade gelewe. Daar is vandag nog veewagters in Kazakstan wat hulle diere na verskillende weivelde neem, afhangende van die seisoen. In die somer gaan hulle na die koeler, hooglandse weivelde. Maar wanneer dit winter word en begin sneeu, bring hulle hulle vee af na die warmer laaglande.

Party Kazakke woon in moderne stede. Tog kan hulle voorouers se nomadiese lewenswyse nog steeds gesien word in baie van hulle tradisies, kos en kunswerk. Kazakke het ’n ryk erfenis van gedigte, liedjies en musiek wat op plaaslike musiekinstrumente gespeel word.

Die joert, die tradisionele draagbare huis van nomade, het ’n simbool geword van mense wat in harmonie met die natuur saamleef. Veewagters verkies nog steeds die joert, en Kazakke wat in stede woon gebruik dit dikwels vir spesiale geleenthede. Kazakse vroue se vaardige borduurwerk, weefwerk en matte kan dikwels aan die binnekant van ’n joert gesien word.

Die binnekant van ’n joert

Kazakse gesinne op die platteland heg groot waarde aan hulle perde. Daar is ten minste 21 Kazakse woorde vir ’n perd, en elke woord verskil effens in sy betekenis. En daar is meer as 30 woorde en uitdrukkings om die kleure van perde se hare te beskryf. ’n Goeie perd word nog steeds as ’n duur en kosbare geskenk beskou. Op die platteland leer seuns van jongs af al perdry.

’n Tradisionele Kazakse ete moet altyd vleis inhê en is gewoonlik nie baie sterk gegeur nie. Die Kazakke drink graag koumiss, wat van perdemelk gemaak word en blykbaar baie gesond is. Dan hou hulle ook van shubat, ’n ryk, effens suur drankie wat van kameelmelk gemaak word.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Almaty verwelkom graag besoekers en bied toere aan.

Die skaam sneeuluiperd bly in die somer hoog in die Kazakse berge