Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Liechtenstein

’n Besoek aan Liechtenstein

DIT is een van die kleinste lande in die wêreld en is in die Alpe, tussen Switserland en Oostenryk, geleë. Deur die eeue heen het Kelte, Retiërs, Romeine en Alemanne in hierdie gebied gewoon. Vandag is ongeveer twee derdes van Liechtenstein se bevolking afstammelinge van die Alemannestam wat hulle omtrent 1 500 jaar gelede in hierdie gebied gevestig het.

Duits is die amptelike taal van Liechtenstein, hoewel plaaslike dialekte van dorp tot dorp verskil. Twee van Liechtenstein se tipiese disse is Tüarka-Rebel, ’n spesialiteit wat van mielies gemaak word, en Käsknöpfle, ’n pastagereg met kaas.

Käsknöpfle

Kleurvolle volksdrag

Wanneer besoekers deur die land reis, sien hulle sneeubedekte berge, groen valleie, wingerde en ’n verskeidenheid plantegroei. Byvoorbeeld, amper 50 wilde orgideesoorte kan in hierdie klein Alpynse landjie gevind word. Daar is ook museums, teaters en wynkelders in Liechtenstein. Toeriste besoek hierdie land dus in die somer en in die winter.

Jehovah se Getuies is al sedert die 1920’s in Liechtenstein bedrywig. Daar is ongeveer 90 van hulle in die land, en hulle leer inwoners sowel as besoekers van die Bybel se boodskap.