Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | HOE OM MEER UIT JOU BYBELLEES TE KRY

Hoe kan die Bybel jou lewe verbeter?

Hoe kan die Bybel jou lewe verbeter?

Die Bybel is nie ’n gewone boek nie. Dit bevat raad wat van ons Skepper af kom (2 Timoteus 3:16). Die boodskap daarin kan ’n groot uitwerking op ons lewe hê. Ja, die Bybel sê: “Die woord van God is lewend en oefen krag uit” (Hebreërs 4:12). Dit het die krag om ons lewe op twee belangrike maniere te verbeter—dit lei ons nou in ons daaglikse lewe en dit help ons om God en sy beloftes te leer ken.—1 Timoteus 4:8; Jakobus 4:8.

Dit verbeter jou lewe nou. Die Bybel kan jou help wanneer dit by persoonlike sake kom. Dit gee praktiese raad oor die volgende.

’n Jong egpaar in Asië het die Bybel se raad baie waardeer. Soos baie ander pasgetroudes, het hulle gesukkel om by mekaar aan te pas en om openlik te kommunikeer. Maar hulle het die dinge wat hulle in die Bybel gelees het, begin toepas. Wat was die gevolg? Die man, Vicent, sê: “Die Bybel het my gehelp om uitdagings in ons huwelik op ’n liefdevolle manier te hanteer. Om volgens die Bybel se standaarde te lewe, het ons gehelp om ’n gelukkige lewe saam te hê.” Sy vrou, Annalou, stem saam en sê: “Bybelvoorbeelde het ons gehelp. Ek is nou gelukkig en tevrede met ons huwelik en met ons doelwitte in die lewe.”

Dit help jou om God te leer ken. Die Bybel het Vicent nie net met sy huwelik gehelp nie. Hy sê verder: “Omdat ek die Bybel begin lees het, voel ek nou nader aan Jehovah * as ooit tevore.” Vicent se woorde beklemtoon ’n belangrike punt—die Bybel kan jou help om God te leer ken. As jy die Bybel lees, sal jy nie net by sy raad baat vind nie, maar dit sal jou ook help om hom as ’n vriend te leer ken. En jy sal leer dat hy ons van ’n beter toekoms vertel, ’n tyd wanneer jy “die werklike lewe”—die ewige lewe—kan geniet (1 Timoteus 6:19). Dit is iets wat geen ander boek jou kan bied nie.

As jy die Bybel begin lees en aanhou om dit te doen, sal jy ook daarby baat vind. Dit sal jou lewe nou verbeter en jy sal God leer ken. Maar terwyl jy die Bybel lees, sal jy waarskynlik baie vrae hê. Dan moet jy dink aan die goeie voorbeeld van die Etiopiese amptenaar wat 2 000 jaar gelede gelewe het. Hy het baie vrae oor die Bybel gehad. Toe hy gevra is of hy verstaan wat hy lees, het hy gesê: “Hoe sou ek tog ooit kon, tensy iemand my lei?” * Daarna het hy gretig hulp aanvaar van Filippus, wat reeds ’n bekwame Bybelonderrigter en een van Jesus se eerste dissipels was (Handelinge 8:30, 31, 34). As jy ook graag meer oor die Bybel wil weet, kan jy ’n Bybelstudie aanlyn aanvra by www.dan124.com/af, of skryf aan die naaste adres wat in hierdie tydskrif genoem word. Jy kan ook Jehovah se Getuies in jou omgewing kontak of ’n Koninkryksaal naby jou besoek. Wil jy graag jou lewe verbeter? Begin dan sommer vandag om die Bybel te lees!

As jy wonder of jy die Bybel ten volle kan vertrou, kyk asseblief na die kort video Hoe kan ons seker wees dat die Bybel betroubaar is? Jy kan dit vind as jy gaan na jw.org/af PUBLIKASIES > VIDEO’S > DIE BYBEL

^ par. 8 Vir meer voorbeelde van die Bybel se praktiese raad besoek ons webwerf, jw.org/af. Kyk onder BYBELLERINGE > ANTWOORDE OP BYBELVRAE.

^ par. 10 Jehovah is die naam van God soos dit in die Bybel geopenbaar word.

^ par. 11 Sien ook die artikel in hierdie tydskrif “Verstaan jy dit dalk net verkeerd?