Psalms 37:1-40

  • Voorspoed vir dié wat op Jehovah vertrou

    • Moenie ontsteld wees as gevolg van goddeloses nie (1)

    • “Vind jou grootste vreugde in Jehovah” (4)

    • “Laat jou weg aan Jehovah oor” (5)

    • “Die nederiges sal die aarde besit” (11)

    • Regverdige sal nie na brood soek nie (25)

    • Regverdiges sal vir ewig op aarde lewe (29)

Van Dawid. א [Alef] 37  Moenie ontsteld wees as gevolg van goddelose menseof jaloers wees op dié wat slegte dinge doen nie.+   Hulle sal vinnig verlep, soos gras,+ en uitdroog soos groen, nuwe gras. ב [Bet]   Vertrou op Jehovah en doen wat goed is.+ Woon op die aarde* en tree met getrouheid op.+   Vind jou grootste vreugde* in Jehovah,en hy sal jou die begeertes van jou hart gee. ג [Gimel]   Laat jou weg aan Jehovah oor.*+ Vertrou op hom, en hy sal vir jou optree.+   Hy sal jou regverdigheid laat skyn soos die dagbreek,en jou geregtigheid soos die middagson. ד [Dalet]   Bly stil voor Jehovah+en wag hoopvol* op hom. Moenie ontsteld wees oor die manwat sy slinkse planne suksesvol uitvoer nie.+ ה [He]   Hou op om kwaad te wees en laat vaar die woede.+ Moenie ontsteld word en begin doen wat sleg is nie.*   Want goddelose mense sal vernietig word,+maar dié wat op Jehovah hoop, sal die aarde besit.+ ו [Waw] 10  Nog net ’n klein rukkie en die goddeloses sal nie meer bestaan nie.+ Jy sal kyk na die plek waar hulle was,en hulle sal nie daar wees nie.+ 11  Maar die nederiges sal die aarde besit,+en hulle sal groot vreugde vind in die oorvloed van vrede.+ ז [Zajin] 12  Die goddelose beraam slinkse planne teen die regverdige.+ Hy kners sy tande vir hom. 13  Maar Jehovah sal vir hom lag,want Hy weet dat sy dag sal kom.+ ח [Get] 14  Die goddeloses trek hulle swaard uit en span* hulle boogom die onderdruktes en armes te laat val,om dié wat reg lewe, dood te maak. 15  Maar hulle swaard sal hulle eie hart deurboor.+ Hulle boog sal gebreek word. ט [Tet] 16  Die bietjie van die regverdige is beteras die oorvloed van baie goddeloses.+ 17  Want die arms van die goddeloses sal gebreek word,maar Jehovah sal die regverdiges ondersteun. י [Jod] 18  Jehovah is bewus van wat die getroues deurmaak,*en hulle erfdeel sal vir ewig bestaan.+ 19  Hulle sal nie verneder word in die tyd van rampspoed nie. In die tyd van hongersnood sal hulle baie hê. כ [Kaf] 20  Maar die goddeloses sal aan hulle einde kom.+ Die vyande van Jehovah sal soos pragtige weivelde verdwyn. Hulle sal soos rook verdwyn. ל [Lamed] 21  Die goddelose leen en betaal nie terug nie,maar die regverdige is vrygewig* en hou daarvan om te gee.+ 22  Dié wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit,maar dié wat deur Hom vervloek word, sal vernietig word.+ מ [Mem] 23  Jehovah rig* die voetstappe van ’n man+wanneer Hy tevrede is met die weg wat hy volg.+ 24  Al val hy, sal hy nie neergegooi word nie,+want Jehovah hou sy hand vas.*+ נ [Noen] 25  Ek was eens jonk en nou is ek oud,maar ek het nog nooit gesien dat ’n regverdige verlaat word+of dat sy kinders na brood* soek nie.+ 26  Hy leen altyd vryelik uit,+en sy kinders sal geseën word. ס [Samek] 27  Draai weg van wat sleg is en doen wat goed is,+en jy sal vir ewig bestaan. 28  Want Jehovah is lief vir geregtigheid,en hy sal nie sy lojales verlaat nie.+ ע [Ajin] Hulle sal altyd bewaar word,+maar die nakomelinge van die goddeloses sal vernietig word.+ 29  Die regverdiges sal die aarde besit,+en hulle sal vir ewig daarop lewe.+ פ [Pe] 30  Die mond van die regverdige dra wysheid oor,*en sy tong praat van geregtigheid.+ 31  Die wet van sy God is in sy hart.+ Sy voetstappe sal altyd stewig gevestig wees.+ צ [Tsade] 32  Die goddelose hou die regverdige dop,op soek na ’n geleentheid om hom dood te maak. 33  Maar Jehovah sal hom nie in die hand van daardie een laat beland+of hom skuldig bevind wanneer hy geoordeel word nie.+ ק [Kof] 34  Hoop op Jehovah en volg sy weg,en hy sal jou die voorreg gee om die aarde in besit te neem. Wanneer die goddeloses vernietig word,+ sal jy dit sien.+ ר [Resj] 35  Ek het gesien hoe die wrede, goddelose manuitsprei soos ’n groot, groen boom wat in die regte grond groei.+ 36  Maar hy het skielik verdwyn, en hy was weg.+ Ek het hom bly soek, en hy kon nie gevind word nie.+ ש [Sjin] 37  Let op die een wat ’n rein lewe lei,*en kyk na die regverdige,+want die toekoms van so ’n man sal vreedsaam wees.+ 38  Maar al die oortreders sal vernietig word. Goddelose mense het geen toekoms nie.+ ת [Taw] 39  Die redding van die regverdiges kom van Jehovah.+ Hy is hulle vesting in moeilike tye.+ 40  Jehovah sal hulle help en hulle red.+ Hy sal hulle van die goddeloses red en hulle verlos omdat hulle beskerming by hom kom soek.+

Voetnote

Of “in die land”.
Of “Verlustig jou”.
Lett. “Rol jou weg op Jehovah”.
Of “geduldig”.
Of moontlik “Moenie ontsteld wees nie, want dit sal net lei tot iets skadeliks”.
Of “sit snare aan”.
Lett. “die dae van die opregtes”.
Of “goedhartig”.
Of “Jehovah maak . . . stewig”.
Of “ondersteun hom met Sy hand”.
Of “voedsel”.
Of “uiter wysheid met ’n gedempte stem”.
Of “die een wat sy integriteit behou”. Sien Woordelys.