Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wie is God?

Wie is God?

Baie mense sê dat hulle in God glo. Maar vra ’n bietjie wie God is, en jy sal verbaas wees oor hoe die antwoorde verskil. Vir party is God soos ’n kwaai regter wat net daarop uit is om mense vir hulle sondes te straf. Ander glo dat hy liefdevol is en hulle altyd sal vergewe, maak nie saak wat hulle doen nie. Dan is daar weer ander wat glo dat God ver weg is en glad nie in ons belangstel nie. Omdat daar soveel verskillende opinies is, voel baie mense dalk dat dit eenvoudig onmoontlik is om te weet wie God is.

Is dit belangrik om te weet wie God is? Ja, dit is. As jy God beter leer ken, kan dit jou ’n doel in die lewe gee en jou lewe meer betekenisvol maak (Handelinge 17:26-28). Hoe nader jy aan God kom, hoe liewer sal hy vir jou word en hoe meer sal hy jou help (Jakobus 4:8). En as jy God goed leer ken, kan jy vir ewig lewe. – Johannes 17:3.

Hoe kan jy God leer ken? Dink aan iemand wat jy goed ken, dalk ’n goeie vriend. Hoe het julle vriendskap so sterk geword? Jy moes eers ’n paar dinge oor hom leer soos wat sy naam is, watter soort persoon hy is, waarvan hy hou en nie hou nie, wat hy al gedoen het en nog graag wil doen. Dit is hoekom julle sulke goeie vriende geword het – jy het meer oor hom geleer.

Op dieselfde manier kan die volgende vrae ons help om God beter te leer ken:

Die doel van hierdie tydskrif is om jou te wys wat die Bybel se antwoorde op hierdie vrae is. Die artikels sal jou help om te leer wie God is en wat dit vir jou kan beteken as jy sy vriend word.