Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Is ons planeet met ’n doel geskep?

Die aarde was bedoel om ’n gelukkige tuiste vir die mensdom te wees

Ons planeet is in alle opsigte geskik om lewe te onderhou. Dit het ’n oorvloed water, wat noodsaaklik is vir lewe. Die aarde se helling, aswenteling en wentelbaan is presies reg om te voorkom dat die oseane vries of weens hitte heeltemal verdamp. En die aarde se atmosfeer en magnetiese veld beskerm dit teen dodelike bestraling. Die onderling afhanklike netwerk van plant- en dierelewe op die aarde is eenvoudig ongelooflik. Gevolglik het baie mense tot die slotsom gekom dat ons planeet met ’n doel ontwerp is.—Lees Jesaja 45:18.

Maar jy wonder dalk: ‘Is lyding en ongeregtigheid deel van daardie doel?’—Lees Deuteronomium 32:4, 5.

Sal die aarde se doel verwesenlik word?

Die aarde is ontwerp om ’n gelukkige tuiste te wees vir mense wat mekaar respekteer en hulle Skepper liefhet. Menselewe het dus ’n meer verhewe doel as plant- of dierelewe. Ons kan verstaan wie ons Skepper is en sy liefde en geregtigheid bewonder en navolg.—Lees Prediker 12:13; Miga 6:8.

Ons Maker kan al sy voornemens verwesenlik. Ons kan dus seker wees dat hy lyding en ongeregtigheid uit die weg sal ruim en ons planeet ’n volmaakte en gelukkige tuiste vir die mensdom sal maak.—Lees Psalm 37:11, 29; Jesaja 55:11.