Spring na inhoud

Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1

Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1

‘Hoe kan ek met my ouers kommunikeer?’ ‘Hoe kan ek vriende maak?’ Wat is verkeerd met los seks?’ ‘Waarom voel ek so terneergedruk?’

As jy jou al sulke vrae afgevra het, is jy nie alleen nie. Afhangende van waar jy raad gesoek het, het jy dalk teenstrydige antwoorde gekry. Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1, kan jou help. Die raad daarin is op die praktiese beginsels in die Bybel gegrond. God se Woord het miljoene al gehelp om die lewe se uitdagings suksesvol die hoof te bied. Vind uit hoe dit jou kan help!

Hierdie boek sluit die volgende dele in:

  • Jy en jou gesin

  • Jou identiteit

  • Binne en buite die klaskamer

  • Seks, sedes en liefde

  • Selfvernietigende gedrag

  • Jou vrye tyd

  • Jou aanbidding

  • Aanhangsel vir ouers

Jy kan die boek in PDF-formaat aflaai of ’n gedrukte eksemplaar aanvra deur aan ons kantore te skryf.

Let wel: Die PDF-formaat van die boek bevat nou plek om jou eie gedagtes in te sit. As die sagteware op jou toestel hierdie funksie ondersteun, kan jy jou kommentare en antwoorde direk in jou boek invul.