Spring na inhoud

Kan die Bybel my help om ’n gelukkige gesinslewe te geniet?

Kan die Bybel my help om ’n gelukkige gesinslewe te geniet?

Die Bybel se antwoord

 Ja. Hier is ’n voorbeeld van wyse raad wat op die Bybel gebaseer is en wat miljoene mans en vroue gehelp het om gesinsgeluk te vind:

  1.   Laat jou huwelik registreer. Die lewenslange verbintenis van ’n wettige huwelik is die grondslag vir ’n gelukkige gesinslewe.—Matteus 19:4-6.

  2.   Betoon liefde en respek. Dit sluit in dat jy jou maat behandel soos jy graag behandel wil word.—Matteus 7:12; Efesiërs 5:25, 33.

  3.   Vermy harde woorde. Praat op ’n liefdevolle wyse, selfs al sê of doen jou maat iets wat jou seermaak (Efesiërs 4:31, 32). Soos die Bybel in Spreuke 15:1 sê: “’n Sagte antwoord keer woede af, maar ’n woord wat pyn veroorsaak, laat toorn opkom.”

  4.   Wees getrou aan mekaar. Beperk jou romantiese en seksuele aandag tot jou huweliksmaat (Matteus 5:28). Die Bybel sê: “Laat die huwelik onder almal eerbaar wees en die huweliksbed sonder verontreiniging.”—Hebreërs 13:4.

  5.   Lei jou kinders op met liefde. Moenie te toegeeflik wees nie, maar ook nie te streng nie.—Spreuke 29:15; Kolossense 3:21.