Spring na inhoud

BluePlanetArchive/Whale Watch Azores

IS DIT ONTWERP?

Die duik van die Cuvier-snoetdolfyn

Die duik van die Cuvier-snoetdolfyn

 Die Cuvier-snoetdolfyn kan tot 2 992 meter diep duik, waar die drukking omtrent 30 300 kilopascal (4 390 psi) is. Hierdie dolfyn kan ook baie lank onder die water bly. Dit was opgeteken dat een van die dolfyne vir 3 ure en 42 minute onder die water gebly het voordat hy na die oppervlak gekom het vir lug. Hoe kan hierdie soogdiere wat suurstof nodig het, so lank uithou ten spyte van sulke geweldige druk en min suurstof?

 Soos ander soogdiere in die see, vou die dolfyn se ribbekas inmekaar en val sy longe plat. Navorsers het ontdek dat soogdiere in die see minder suurstof gebruik wanneer hulle hart baie stadiger klop en hulle bloedvloei herlei word van hulle uiterstes na hulle brein, hart en spiere.

 Soogdiere in die see stoor ook suurstof in hulle spiere deur middel van ’n proteïen met die naam mioglobien. Die mioglobien stel suurstof vry soos wat dit nodig is wanneer hulle diep duik. Die spiere bevat baie groter hoeveelhede mioglobien as wat in mense en landdiere gevind word.

 Maar een navorser het die volgende gevolgtrekking gemaak oor die Cuvier-snoetdolfyn: “Hulle kan ongelooflik diep duik. Gebaseer op wat ons weet oor hoe diere se liggame werk, duik die dolfyne baie dieper en bly hulle langer onder die water as wat ons sou verwag.” Wetenskaplikes hoop om die manier hoe hierdie dolfyne duik, beter te verstaan. Dit kan dokters dalk help om die behandeling van sekere mediese toestande, soos ’n long wat platgeval het, te verbeter.

 Wat dink jy? Het die Cuvier-snoetdolfyn se vermoë om lank en diep te duik, ontstaan? Of is dit ontwerp?