Spring na inhoud

IS DIT ONTWERP?

Die ongelooflike arm van die seekat

Die ongelooflike arm van die seekat

 Ingenieurs in robotika is besig om toerusting te ontwikkel wat dokters sal help om hulle operasietegnieke te verbeter. Dokters sal hierdie toerusting gebruik om in smal spasies in die liggaam te opereer deur klein openinge te maak wat minder skade veroorsaak. Een van die nuutste uitvindings is geïnspireer deur die seekat se arm, of tentakel, wat baie buigbaar is.

 Dink hieraan: Die seekat kan voorwerpe met sy agt arms gryp, vashou en druk, selfs in klein spasies. Sy arms is ook baie buigbaar en kan ver rek. Die seekat kan sy tentakels nie net in enige rigting buig nie, maar kan ook verskillende dele van sy arms styf maak as dit nodig is.

 Volgens navorsers sal ’n soortgelyke sagte en buigbare robotiese arm baie help om operasies deur klein openinge te doen wat minimale skade veroorsaak. Hierdie soort toerusting kan dit moontlik maak om op pasiënte te opereer wat andersins baie ingewikkelde operasies sou moet kry.

 Kyk hoe die buigbare tentakels van die seekat werk

 So ’n robotiese arm is alreeds ontwikkel en word in toetsoperasies gebruik. Een deel van die arm, wat 135 millimeter lank is, kan sagte interne organe hanteer deur dit op te lig of vas te hou sonder om dit te beskadig terwyl ’n ander deel van die arm die operasie doen. Dr. Tommaso Ranzani, ’n lid van die span wat die toerusting ontwikkel het, sê: “Ons glo dat hierdie stelsel die begin is van nog nuwe en verbeterde toerusting met meer gevorderde funksies.”

’n Sagte en buigbare robotiese arm kan ’n uitstekende hulp wees tydens operasies

 Wat dink jy? Het die arm van die seekat deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?