Spring na inhoud

Waarom gebruik Jehovah se Getuies nie die kruis in hulle aanbidding nie?

Waarom gebruik Jehovah se Getuies nie die kruis in hulle aanbidding nie?

 Baie mense beskou die kruis as die universele simbool van die Christelike godsdiens. Hoewel Jehovah se Getuies Christene is, gebruik ons nie die kruis in ons aanbidding nie. Waarom nie?

 Een rede is dat die Bybel toon dat Jesus nie aan ’n kruis gesterf het nie, maar eerder aan ’n gewone paal. Wat meer is, die Bybel gee Christene ’n ernstige waarskuwing om te “vlug vir die afgodediens”, wat beteken dat die kruis nie in aanbidding gebruik moet word nie.—1 Korintiërs 10:14; 1 Johannes 5:21.

 Dit is opmerkenswaardig dat Jesus gesê het: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Johannes 13:34, 35). Jesus het sodoende getoon dat selfopofferende liefde—nie die kruis of enige ander beeld nie—sy ware volgelinge sou identifiseer.