Spring na inhoud

Sê vir hulle dat jy lief is vir hulle

Sê vir hulle dat jy lief is vir hulle

 Ong-Li is een van Jehovah se Getuies in Bulgarye. Sy het ’n Bybelstudie gehou met ’n jong vrou met die naam Zlatka, wie se man nie die Bybel studeer het nie. Ong-li vertel: “Terwyl ons gesinslewe bespreek het, het ek beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons vir ons huweliksmaat en kinders sê dat ons lief is vir hulle. Zlatka het hartseer na my gekyk. Sy het vir my vertel dat sy nog nooit vir haar man of haar nege-jarige dogtertjie gesê het dat sy vir hulle lief is nie!”

 Zlatka het verduidelik: “Ek is bereid om enigiets vir hulle te doen, maar ek kan eenvoudig net nie daardie woorde sê nie. My ma het nooit vir my gesê dat sy lief is vir my nie, en my ouma het nooit vir my ma gesê dat sy lief is vir haar nie.” Ong-Li het vir Zlatka gewys dat Jehovah hardop gesê het dat hy lief is vir Jesus (Matteus 3:17). Sy het Zlatka aangemoedig om tot Jehovah hieroor te bid en om dit haar doelwit te maak om vir haar man en dogter te sê dat sy lief is vir hulle.

 Ong-Li sê: “Twee dae later was Zlatka baie bly en het sy vir my vertel dat sy tot Jehovah gebid het om haar te help. Toe haar man huis toe kom, het sy vir hom gesê dat sy uit haar Bybelstudie geleer het hoe belangrik dit is dat ’n vrou haar man moet respekteer en liefhê. En toe, nadat sy ’n tydjie stilgebly het, het sy vir hom gesê dat sy regtig baie lief is vir hom! Toe Zlatka se dogter huis toe kom, het sy vir haar ’n drukkie gegee en vir haar gesê dat sy vir haar lief is! Zlatka het vir my gesê: ‘Nou voel ek so verlig. Al hierdie jare kon ek nie my gevoelens uitdruk nie, maar met Jehovah se hulp, kon ek uiteindelik vir my gesin sê dat ek lief is vir hulle.’”

Ong-Li hou aan om Bybelstudies in haar buurt aan te bied

 Ong-Li vertel verder: “’n Week later het ek Zlatka se man ontmoet, en hy het vir my gesê: ‘Baie mense het vir my gesê dat Zlatka nie die Bybel met jou moet studeer nie, maar ek weet beslis dat haar Bybelstudie ons gesin regtig gehelp het. Ons het nou ’n hegter en gelukkiger verhouding.’”