Spring na inhoud

4 JULIE 2017
KAZAKSTAN

Kazakstan-regering stop alle werk by takkantoor van Jehovah se Getuies

Kazakstan-regering stop alle werk by takkantoor van Jehovah se Getuies

Op 29 Junie 2017 het ’n hof in Kazakstan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Almaty, Kazakstan, beveel om drie maande lank geen werk te doen nie. Hulle het die Getuies ook met ’n bedrag van omtrent R28 060 beboet.

Op 17 Mei 2017, voordat die hof sy beslissing gegee het, het 40 gewapende beamptes van die owerheid die eiendom van die takkantoor deursoek. Party van hulle het maskers gedra, en dit het ’n openbare spektakel veroorsaak. Die Getuies gaan ’n klag teen hierdie optrede indien.

Op 5 Junie 2017 het die polisie ’n inspeksie van die eiendom van die takkantoor gedoen. Die owerheid beweer dat daar tydens die inspeksie gevind is dat sekere reëls oortree is. Die inspeksie was op ’n onwettige manier uitgevoer, en die Getuies stem nie saam met die bevindinge daarvan nie.

Onlangse gebeure in Kazakstan laat ’n mens dink aan hoe die polisie in Rusland Jehovah se Getuies intimideer en die godsdiensonverdraagsaamheid wat die Getuies daar ondervind. Die regering in Rusland het selfs die bedrywighede van Jehovah se Getuies verban. Die Getuies sal appèl aanteken teen die beslissing van 29 Junie, wat teen 14 Julie 2017 ingedien moet word.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Kazakstan: Bekzat Smagulov, +7-747-671-45-01

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000