Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 39

Hoe God bloed beskou

Hoe God bloed beskou

Bloed is baie belangrik. Sonder dit kan nie een van ons lewe nie. As die Skepper het God die reg om te sê hoe bloed gebruik mag word. Wat het hy oor bloed gesê? Kan dit geëet word, of kan jy ’n bloedoortapping kry? En hoe kan jy goeie besluite hieroor maak?

1. Hoe beskou Jehovah bloed?

Jehovah het vir sy aanbidders in Bybeltye gesê: “Die lewe van elke soort vlees is sy bloed” (Levitikus 17:14). Vir Jehovah stel bloed lewe voor. Omdat lewe ’n heilige geskenk van God af is, is bloed ook heilig.

2. Wat sê God mag ons nie met bloed doen nie?

Jehovah het sy eertydse aanbidders beveel om nie bloed te eet nie. (Lees Genesis 9:4 en Levitikus 17:10.) Hy het hierdie bevel bevestig toe die bestuursliggaam vir Christene gesê het om hulle te “weerhou . . . van bloed”. – Lees Handelinge 15:28, 29.

Wat beteken dit om jou te weerhou, of om weg te bly, van bloed? As ’n dokter vir jou gesê het om weg te bly van alkohol af, sal jy dit nie drink nie. Maar sal jy kos eet wat dit in het of alkohol in jou are laat inspuit? Natuurlik nie. Net so beteken God se bevel om van bloed af weg te bly dat ons nie bloed moet drink of vleis moet eet wat nie gebloei is nie. En ons moet ook nie enige kos eet waarby bloed bygevoeg is nie.

Wat van die mediese gebruik van bloed? Dit is duidelik dat party prosedures teen God se wet is. Dit sluit die oortapping van heelbloed of enige van sy hoofkomponente in – rooi selle, wit selle, plaatjies en plasma. Met ander mediese prosedures is dit dalk nie duidelik of dit teen God se wet is nie. Byvoorbeeld, in party prosedures word fraksies van een van die hoofkomponente van bloed gebruik. In ander prosedures word ’n persoon se eie bloed gebruik. Wanneer dit by hierdie opsies kom, moet elkeen van ons ’n persoonlike besluit maak. a – Galasiërs 6:5.

SOEK DIEPER

Kyk hoe om te besluit watter mediese behandeling jy sal aanvaar wanneer dit by bloed kom.

3. Maak mediese besluite waarmee Jehovah gelukkig is

Hoe kan jy mediese besluite maak wat ooreenstem met hoe God bloed beskou? Speel die VIDEO, en bespreek dan hoe belangrik dit is om die volgende stappe te neem.

  • Bid vir wysheid. – Jakobus 1:5.

  • Doen navorsing oor Bybelbeginsels en hoe dit van toepassing is. – Spreuke 13:16.

  • Vind uit watter opsies beskikbaar is waar jy bly.

  • Identifiseer watter opsies duidelik onaanvaarbaar is vir jou.

  • Maak seker dat jy ’n skoon gewete sal hê nadat jy jou besluit geneem het. – Handelinge 24:16. b

  • Onthou dat niemand – nie eers jou huweliksmaat, ’n ouerman of jou Bybelstudiehouer – vir jou moet sê watter besluit jy moet maak wanneer dit by gewetensake kom nie. – Romeine 14:12.

  • Skryf jou besluit neer.

4. Jehovah se Getuies wil die beste mediese sorg hê

Dit is moontlik om God se wet oor bloed te gehoorsaam en om die beste bloedlose mediese behandeling te kry. Speel die VIDEO.

Lees Titus 3:2, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoekom moet ons altyd respekvol en kalm wees wanneer ons met dokters praat?

Onaanvaarbaar

Christen moet besluit

A. Bloedplasma

Fraksies uit plasma

B. Wit selle

Fraksies uit wit selle

C. Plaatjies

Fraksies uit plaatjies

D. Rooi selle

Fraksies uit rooi selle

 5. Wanneer bloedfraksies betrokke is

Bloed het vier hoofkomponente – rooi selle, wit selle, plaatjies en plasma. Hierdie komponente bevat baie kleiner dele wat bloedfraksies genoem word. c Party fraksies word in medikasie gebruik wat help om teen siektes te veg of om bloeding te stop.

Wanneer dit by bloedfraksies kom, moet elke Christen sy eie besluit maak volgens sy Bybelopgeleide gewete. Party besluit dalk om nie ’n mediese prosedure of behandeling te aanvaar waarby bloedfraksies betrokke is nie. Ander voel dalk dat hulle gewete hulle toelaat om fraksies te aanvaar.

Wanneer jy jou besluite maak, dink aan hierdie vraag:

  • Hoe sal ek vir ’n dokter verduidelik hoekom ek die gebruik van sekere bloedfraksies aanvaar of nie aanvaar nie?

IEMAND VRA DALK: “Wat’s fout daarmee om ’n bloedoortapping te aanvaar?”

  • Wat dink jy?

WAT ONS GELEER HET

Jehovah wil nie hê dat ons bloed moet misbruik nie.

Hersiening

  • Hoekom is bloed vir Jehovah heilig?

  • Hoe weet ons dat God se bevel om van bloed af weg te bly, op bloedoortappings van toepassing is?

  • Hoe kan jy goeie besluite maak oor die mediese gebruik van bloed?

Doelwit

LEER MEER

Waaraan moet jy dink voordat jy besluit of jy mediese prosedures sal aanvaar waarby jou eie bloed betrokke is?

“Vrae van lesers” (Die Wagtoring, 15 Oktober 2000)

Waaraan moet jy dink wanneer jy besluit of jy klein bloedfraksies sal aanvaar?

“Vrae van lesers” (Die Wagtoring, 15 Junie 2004)

Wat het ’n dokter laat glo dat Jehovah se beskouing van bloed redelik is?

“Ek het God se beskouing van bloed aanvaar” (Ontwaak!, 8 Desember 2003)

Leer hoe ouermanne wat op Hospitaalskakelkomitees dien, hulle broers en susters help.

Jehovah ondersteun dié wat siek is (10:23)

a Sien Les 35, “Hoe om goeie besluite te maak.”

b Sien  punt 5, “Wanneer bloedfraksies betrokke is” en Eindnota 3, “Mediese prosedures waarby bloed betrokke is”.

c Party dokters sien die vier hoofkomponente van bloed as fraksies. Daarom sal jy dalk vir jou dokter moet verduidelik dat jy besluit het om nie oortappings van heelbloed of van rooi selle, wit selle, plaatjies of plasma te aanvaar nie.