Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 40

Hoe kan ons skoon en rein wees in God se oë?

Hoe kan ons skoon en rein wees in God se oë?

Verbeel jou ’n liefdevolle ma kry haar seuntjie reg vir skool. Sy maak seker dat hy gewas is en dat sy klere skoon en netjies is. Dit hou hom gesond en wys vir ander dat sy ouers goed na hom kyk. Net so wil ons liefdevolle Vader, Jehovah, hê dat ons fisies skoon moet wees. Hy wil ook hê dat ons gedagtes en gedrag rein moet wees en dat ons rein taal moet gebruik. Wanneer ons skoon en rein is, sal dit ons help en sal ons Jehovah eer.

1. Hoe kan ons fisies skoon wees?

Jehovah sê vir ons: “Julle moet heilig wees” (1 Petrus 1:16). Om heilig te wees, moet ons fisies skoon wees, ons gedagtes en gedrag moet rein wees en ons moet rein taal gebruik. Ons kan fisies skoon wees deur onsself gereeld te was en deur ons klere, huis en kar skoon en netjies te hou. Ons kan ook help om ons Koninkryksaal skoon te maak. Wanneer ons fisies skoon is, eer ons Jehovah. – 2 Korintiërs 6:3, 4.

2. Watter gewoontes moet ons vermy as ons rein wil wees?

Die Bybel moedig ons aan om ons te “reinig van alles wat liggaam en gees besoedel” (2 Korintiërs 7:1). Dit beteken dat ons moet wegbly van enige iets wat ons liggaam of ons verstand sal besoedel. Ons gedagtes moet vir Jehovah aangenaam wees, en daarom doen ons ons bes om verkeerde gedagtes te verwerp (Psalm 104:34). Ons probeer ook hard om rein taal te gebruik. – Lees Kolossense 3:8.

Wat kan ons nog fisies of sedelik onrein maak? Party dinge kan ons liggaam besoedel. Daarom gebruik ons nie tabak of onwettige dwelms nie, en ons misbruik ook nie medikasie nie. As ons van hierdie dinge af wegbly, is ons gesonder en wys ons dat ons respek vir die geskenk van lewe het. Ons probeer ook om sedelik rein te wees deur te veg teen onrein gewoontes, soos masturbasie en om pornografie te kyk (Psalm 119:37; Efesiërs 5:5). Dit kan moeilik wees om hierdie gewoontes af te leer, maar Jehovah kan ons help om dit te doen. – Lees Jesaja 41:13.

SOEK DIEPER

Leer hoekom ons Jehovah eer wanneer ons fisies skoon is, en kyk hoe om onrein gewoontes af te leer.

3. Wanneer ons fisies skoon is, eer ons Jehovah

Wanneer ons die wette lees wat Jehovah aan die nasie Israel gegee het, leer ons hoe belangrik dit vir hom is dat sy aanbidders skoon moet wees. Lees Eksodus 19:10 en 30:17-19, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoe wys hierdie verse hoe Jehovah voel oor die feit dat mense fisies skoon moet wees?

  • Watter goeie gewoontes sal jou help om fisies skoon te bly?

Dit neem tyd en energie om fisies skoon te wees. Maar ons kan dit doen, maak nie saak waar ons bly en of ons ryk of arm is nie. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Hoekom sal die mense vir wie ons preek, meer respek vir Jehovah hê wanneer hulle sien dat ons besittings skoon en netjies is?

4. Leer slegte gewoontes af

Jehovah kan ons help om enige slegte gewoonte af te leer

As jy rook of dwelms gebruik, weet jy dalk hoe moeilik dit is om die gewoonte af te leer. Wat kan jou help? Kyk hoe die gewoonte jou affekteer. Lees Matteus 22:37-39, en bespreek dan hoe tabak of dwelmmisbruik . . .

  • ’n persoon se vriendskap met Jehovah affekteer.

  • ’n persoon se familie en ander rondom hom affekteer.

Maak ’n plan om ’n slegte gewoonte af te leer. a Speel die VIDEO.

Lees Filippense 4:13, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe kan gereelde gebed, Bybelstudie en vergaderingbywoning ’n persoon die krag gee om ’n slegte gewoonte af te leer?

5. Veg teen onrein gedagtes en gewoontes

Lees Kolossense 3:5, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoe weet ons dat pornografie, sexting en masturbasie onrein in Jehovah se oë is?

  • Dink jy dat ons sedelik rein kan wees, soos Jehovah van ons verwag? Hoekom?

Vind uit hoe om teen onrein gedagtes te veg. Speel die VIDEO.

Jesus het ’n illustrasie gebruik om te wys dat ons moet optree en moet doen wat nodig is om sedelik rein te bly. Lees Matteus 5:29, 30, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Jesus het nie gesê dat ons onsself fisies moet seermaak nie, maar hy het wel gesê dat ons moet optree. Wat kan ’n persoon doen om onrein gedagtes te vermy? b

As jy probeer om van onrein gedagtes ontslae te raak, moet jy onthou dat Jehovah dit waardeer. Lees Psalm 103:13, 14, en bespreek dan hierdie vraag:

  • As jy met ’n onrein gewoonte sukkel, hoe moedig hierdie vers jou aan om aan te hou veg?

Moenie opgee nie!

Dit kan maklik wees om te dink: ‘Ek het dit nie reggekry nie, so ek kan net sowel opgee.’ Maar dink hieraan: Net omdat ’n hardloper struikel en val, beteken dit nie dat hy die wedloop verloor het nie, en hy hoef ook nie weer van voor af te begin nie. Net so beteken dit nie dat jy die geveg teen die slegte gewoonte verloor het as jy ’n terugslag het nie. En dit beteken ook nie dat al die vordering wat jy gemaak het, niks beteken nie of dat jy weer van voor af moet begin nie. Om ’n terugslag te hê, is normaal. Moenie opgee nie! Jehovah kan jou help om die slegte gewoonte af te leer.

PARTY MENSE SÊ: “Ek is verslaaf. Ek kan nie ophou nie.”

  • Watter vers kan jy gebruik om vir die persoon te wys dat Jehovah hom kan help om op te hou met ’n slegte gewoonte?

WAT ONS GELEER HET

Ons maak Jehovah gelukkig deur ons liggaam, ons verstand en ons gedrag skoon en rein te hou.

Hersiening

  • Hoekom is dit so belangrik om skoon en rein te wees?

  • Hoe kan jy fisies skoon wees?

  • Hoe kan jy jou gedagtes en jou gedrag rein hou?

Doelwit

LEER MEER

Watter eenvoudige dinge kan jy doen om fisies skoon te wees, al is jy arm?

Gesondheid en higiëne – Was jou hande 3:01

Kyk watter dinge jou kan help om op te hou rook.

“Hoe om rook op te gee” (Ontwaak!, Mei 2010)

Kyk hoe een man dit reggekry het om op te hou om na pornografie te kyk.

“Ná vele mislukkings was ek suksesvol” (Die Wagtoring, nr. 4 2016)

aHoe om rook op te gee”, in die deel LEER MEER in hierdie les, verduidelik wat ’n persoon kan doen om verslawings te oorkom.

b Om jou te help om die gewoonte van masturbasie af te leer, sien “Hoe kan ek die masturbasiegewoonte oorkom?” in die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1, hoofstuk 25.